Bali Hai 503

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bali Hai 503 is 'n gemeubileerde woonstel in 'n kompleks in die dorp Westbrook. Dié prentjiemooi dorp spog met lang strande en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek by die see.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers en 'n balkon met 'n fantastiese uitsig oor die see. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 2 badkamers waarvan een 'n bad het en die ander een 'n stort.

Daar is ’n daaglikse skoonmaakdiens van Maandag tot Saterdag, uitsluitend openbare vakansiedae, beskikbaar en sluit nie skottelgoedwas in nie.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, ketel, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, gemaklike sitplek en lei na 'n beskutte balkon met 'n sitarea en 'n lieflike see-uitsig. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai-area en veilige parkeerplek vir een voertuig.

Doendinge in die omgewing sluit swem, die verkenning van die seelewe in rotspoele, kajak, branderplankry, lyfplankry, bootry en bak in die son in.

Slaapplek

'n Bespreking by Bali Hai 503 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bali Hai 503 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 120 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false