Balie’sGat Kamp en Akkommodasie
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R303, Op-Die-Berg, 6836, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R750R563 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Balie’sGat Kamp en Akkommodasie is op 'n plaas net 35 km vanaf die dorpie Op-die-Berg in die skilderagtige Koue Bokkeveld. Neem asb. kennis dat dié instansie net met 'n voertuig met hoë grondvryhoogte bereik kan word.
Daar is 2 selfsorg-houthutte wat ideaal is vir 'n rustige wegbreek. Elke hut het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Elke hut het 'n buite-kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei en breekware vir 4 gaste, en 'n etenstafel toegerus is. Gaste word aanbeveel om ook hul eie koelerboks saam te bring, aangesien die yskassie moontlik te klein is om alles koud te hou. Die hutte het elkeen 'n klein grasperk wat ideaal is vir 'n klein tent wat slegs op versoek beskikbaar is. Let asb. dat die hutte nie elektrisiteit of selfsoonontvangs het nie. Ongelukkig word troeteldiere en dagbespoekers nie toegelaat nie.
Die rotspoele in die rivier is net sowat 400 m van die hutte af. Daar is talle paadjies en roetes vir diegene wat graag voetslaan, velddraf of bergfietsry. Gaste kan ook snags die pragtige sterrehemel aanskou.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Langs die R303, Op-Die-Berg, 6836, Wes-Kaap
- Gaste dink Balie’sGat Kamp en Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R303, Op-Die-Berg, 6836, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom