Ballito 37
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Edward Place 3, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 112 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Ballito 37 is 'n ruim bungalow langs die see slegs meters vanaf die water en getypoel aan die Dolfynkus in KwaZulu-Natal.
Dié eenheid beskik oor 4 slaapkamers, asook 'n aparte woonstel. Daar is slaapplek vir 12 gaste in totaal. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die ander 3 kamers het elk 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het 'n balkon met 'n see-uitsig.
Die hoofhuis het nog 2 aparte badkamers wat elk 'n stort, toilet en wasbak het. Daar is ook 'n TV-kamer met 'n groot platskerm-TV en DStv. Daar is ook 'n oopplan-sitarea en -eetarea met 'n kroeg en 'n aparte snoekerkamer wat na die swembad lei.
Die aparte woonstel het 'n koningingrootte-bed en 'n stel stapelbeddens.
Daar is 'n ongelooflike dek met 'n 360°-uitsig oor die see en 'n lieflike braai-area by die swembad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n toonbank en 'n skottelgoedwasser.
Die huis het 'n alarmstelsel met laserstrale wat aan gewapende reaksie gekoppel is. Daar is ook WiFi en 'n inwonende huishoudster.
Die huis is stapafstand vanaf verskeie restaurante, 'n winkelsentrum, Spar, en 'n dokter.
Slaapplek
’n Bespreking by Ballito 37 sluit in:
Ligging
- Edward Place 3, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Edward Place 3, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom