Ballito Les Palmiers 12

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ballito Les Palmiers 12 bied selfsorgverblyf in 'n luukse woonstel met 3 slaapkamers. Die woonstel is op die derde verdieping van 'n strandkompleks wat 'n skouspelagtige uitsig oor die see bied. Dis stapafstand vanaf Ballito se hoofstrand.

Die woonstel is smaakvol gemeubileer en het 3 slaapkamers, 2 volledige badkamers, en 'n oopplan- kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Daar is 'n hysbak en die woonstel het marmer-vloere, 'n alarmstelsel, en lugversorging in elke kamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Linne en duvets word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring. Daar is lugversorging in elke slaapkamer, en ook in die sitkamer.

Die moderne oopplan-kombuis is toegerus met 'n oond en stoof, 'n mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware, 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste en 'n sitkamer met 'n TV en DStv. Die groot balkon is reg rondomom die huis en het stoepmeubels. Daar is skuifdeure vanaf die sitkamer na al 3 slaapkamers. Gaste kan pragtige sonsondergange vanaf die balkon geniet. Daar is braaigeriewe by die swembad.

Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad in die tuin, en gaste het toegang tot 'n veilige motorhuis vir 1 voertuig, asook parkeerplek buite. Toegang tot die kompleks en die strand word deur 'n afstandbeheer gebied. Die vloer kan daagliks skoongemaak word en is reeds by die tariewe ingesluit. Skoonmaakdienste word nie op Sondae en openbare vakansiedae gebied nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Ballito Les Palmiers 12 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ballito Les Palmiers 12 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false