Ballito Penthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ballito Penthouse is in 'n sekuriteitskompleks in Shaka's Rock geleë. Dit bied gehalte verblyf wat ideaal is vir 'n gesin en kyk uit oor die pragtige Indiese Oseaan. Hierdie gewilde vakansiebestemming is naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe en ook net 600 m van die strand af.

Dié vakansiehuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer is ook ingerig met 'n dubbelbed en gaste kan die tweede badkamer gebruik wat 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met al die moderne geriewe. Die sitkamer het oorgenoeg gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n groot balkon met 'n gasbraai en 'n Weber.

Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en 2 parkeerplekke, en daar is 2 skoonmaaksessies per week by die tarief ingesluit.

Slaapplek

'n Bespreking by Ballito Penthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ballito Penthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 350 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false