Balooga 12

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Balooga 12 is ‘n selfsorgvakansiewoonstel in Margate. Dis in ‘n veilige kompleks en bied ‘n lieflike see-uitsig. Daar is ook ‘n gemeenskaplike swembad in die kompleks.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer. Die tweede kamer het ‘n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het ‘n stort, bad, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ‘n toonbank met stoele. Die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel en ‘n platskerm-TV teen die muur.

Die leefarea lei na ‘n lieflike stoep met stoepmeubels en braaigeriewe. Die eenheid het ‘n aangewese parkeerplek en besoekersparkeerplek is ook op ‘n eerste gesien, eerste bedien-basis beskikbaar. Die kompleks bied ‘n hekkie wat na die Lawrence Rocks-strand lei en net 20 m ver is. Margate se hoofstrand is sowat 200 m ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Balooga 12 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Balooga 12 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 097 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false