Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Balooga Flat 32

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan, Balooga 32, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Balooga Flat 32 bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n drieslaapkamerwoonstel met ’n see-uitsig. Die woonstel is in die Balooga-kompleks in Margate, oorkant die strand. Margate se hoofstrand en getypoel is slegs 550 m van die kompleks af.

Die woonstel is op die eerste verdieping geleë en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste kamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer met ’n stort en bad. Die tweede en derde kamer is kleiner en elkeen het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers het toegang tot ’n badkamer wat gedeel word met ’n stort en bad. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het ’n sitarea en kombuis wat goed toegerus is. Die kombuis is toegerus met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasserr, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ook ’n ontbyttoonbank. Die sitarea het ’n TV met volledige DStv.

Die leefarea lei na ’n veranda met ’n ingeboude gasbraai. Gaste kan hier ontspan en die pragtige uitsig met ’n skemerkelkie geniet terwyl die kinders op die grasperk speel. Die woonstel word daagliks skoongemaak en die skoonmaker sal die beddens opmaak, die badkamers skoonmaak die vloer uitvee en die braai-area skoonmaak.

Die komplek is volledig omhein en het outomatiese hekke met 24 uur-sekuriteit. Daar is ’n gemeenskaplike swembad in die kompleks en 2 oop parkeerplekke. Die ligging bied toegang tot strande, winkels, supermarkte en restaurante. Margate se visvangpier is slegs 850 m van die kompleks af.

Slaapplek

’n Bespreking by Balooga Flat 32 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Balooga Flat 32
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Nobomi Geverifieer

Eiendomme 48

Resensies 140

Jaar gelys 8

Ligging

  • Marine-rylaan, Balooga 32, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Balooga Flat 32 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan, Balooga 32, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXXjnVe5lctbWgyBlYIjyN5aucbNzMEsvs6cTzYWOrDyq0dI0ch?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Marine Drive Balooga 32 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.867907565798 30.369805415344
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem