Bamboo Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bamboo Cottage spog met Japannese en Afrika-inspirasie en is in Parktown, Johannesburg geleë. Dié huis is op 'n tradisionele Japannese teehuis-beginsel op stelte om 'n reusagtige jakarandaboom gebou en is heeltemal privaat teenoor die ander huise op die perseel.

Die huis het 2 slaapkamers en 1 badkamer en daar is slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens. Dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n buitestort beskikbaar en alle linne en handdoeke word voorsien. Verder is daar ondervloerse verhitting en houtwaaiers in al die slaapkamers en die leefarea.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is 'n eetarea en 'n sitarea met 'n kaggel en 'n TV met DStv. WiFi is ook beskikbaar.

Gaste kan in die privaat, Japansese bamboestuin ontspan wat spog met 'n fontein en 'n dek met braaigeriewe. Die huis het 'n privaat straat-ingang, asook 'n motorhuis en veilige parkeerplek vir 2 voertuie. Die huis het ook 'n elektriese heining en 'n volledige alarmstelsel.

Bamboo Cottage is net 10 minute se ry van Parktown, Melville, Braamfontein, Gautreinstasie, verskeie restaurante, winkels, bakkery , pizza-plek, biertuin en Virgin Active af.

Slaapplek

'n Bespreking by Bamboo Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Japanees

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bamboo Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 060 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za