Bar-t-nique Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bar-t-nique Guest House bied topgehaltevebrlyf vir sakereisigers en vakansiegangers in Mosselbaai, halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth in die hartjie van Suid-Afrika se bekende Tuinroete. Dit is 'n baie besige vakansieoord in die somer en die ideale wegbreekplek in die winter met heerlike, sonnige weer regdeur die jaar.

Die bekoorlike kamers met see-aansigte het almal lugversorging en privaat balkonne. Al die kamers het 2 enkelbeddens of koninggrootte-beddens, en suite-badkamers, TV's met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, haardroërs, yskassies, kroegies en kluise. Ontbyt word daagliks voorberei en in die eetkamer bedien wat 'n ongeëwenaarde uitsig oor die hawe en die Indiese Oseaan bied.

Daar is 'n swembad, eerlikheidskroegie en 'n sitkamer. Die gastehuis is naby gholfbane, strand en talle gewilde restaurante. Daar is legio doendinge in Mosselbaai, soos voetslaan, haaihokduik, swem by veilige swemstrande en watersport. Gaste kan ook op 4x4-wildritte gaan, op bootritte om Robeiland gaan en in seisoentyd walviskyk.

Die gastehuis het 'n manjifieke, panoramiese uitsig oor Mosselbaai se hawe, die Indiese Oseaan en die Outeniekwaberge. Dit is die perfekte bestemming as jy die pragtige Tuinroete se besienswaardighede wil besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bar-t-nique Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]