Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Barnacles

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Barnacles word deur Anette en Colin bestuur en bied 4 eenhede met see-uitsigte in Witsand. Gaste wat hier bespreek kan die prag van die Breederivier geniet waar hulle kan swem, visvang, wandel en ontspan. Hou ook 'n oog uit vir walvisse tydens seisoen.

Die Barnacles-eenheid is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die sitarea, eetarea en kombuisie het 'n oopplan-uitleg en ander geriewe sluit 'n slaapbank vir 'n derde gas of kind in.

Die Jolly 2-eenheid is 'n bekoorlike en knus eenslaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die sitarea, leefarea en kombuisie het 'n oopplan-uitleg en ander geriewe sluit 'n slaapbank vir 'n derde gas of kind in. Alhoewel die eenheid knus is, is dit perfek vir 2 gaste.

Die Pansy Shell-eenheid het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n see-uitsig en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n driekwartbed onder en enkelbed bo. Die leefarea het 'n oopplan-kombuis, sitarea en eetarea. Daar is ook 'n draagbare braai vir binne- en buite-braai.

Die Searenity-eenheid is geskik vir 5 gaste en beskik oor 2 slapakamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n 'n dubbel- en enkelbede. Die gaste deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het.

Linne en die basiese kombuisgeriewe word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie braairooster, handdoeke en herlaaibare liggies saambring in die geval van beurtkrag. Die kombuisgeriewe sluit 'n yskas, mikrogolfoond, konveksieplaat, tweeplaatgasstoof of elektriese stoof, kete en broodrooster in. Al die eenhede het 'n stoep met buitemeubels en 'n braai. Daar is ook 'n TV met Netflix, YouTube en ander programme in elke eenheid.

Die eiendom is net 'n entjie se stap vanaf 'n Blouvlagstrand en is ideaal geleë vir gaste wat die Tuinroete wil besoek. Witsand het 2 klein winkels wat die basiese voorsien en daar is 4 restaurante wat van kaartgeriewe gebruik maak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 154 resensies vir Barnacles
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Barnacles het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQyNTAzYWIwLWVjM2YtNDU5OS1hYjBmLTc4ZDNmZTBjYjcxOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 154 5 1 5 14 Protea Street Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -34.394405588061 20.856508612633