Kry 30% af. Geldig vanaf 3 Des 2020 tot 31 Jan 2021.
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Riebeeckstraat 30, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 890R1 323 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Karoo Art Hotel is 'n eksentrieke, ontspanne en hartlike plattelandse hotel in die Klein-Karoo op die pragtige Roete 62 tussen Kaapstad en Oudtshoorn of Kaapstad en die Tuinroete, in die plaasdorpie Barrydale. Hierdie bekoorlike hotel beskik oor die belangrikste bestanddeel: hartlike, tradisionele Karoo-gasvryheid.
Die 15 kamers is almal individueel versier en sommige het pragtige uitsigte oor die dorpie. Karoo Art Hotel is gerieflik, ontspanne en pret. Hier word gaste bederf met Karoo-gasvryheid en 'n plattelandse ervaring met 'n verskil wat interessante kuns en kleurvolle dekor insluit.
Dit maak ook nie saak watter kamer jy kies nie, die volgende luukshede is gewaarborg: uitmuntende matrasse, sagte perkallinne en vuurwarm storte. Al die kamers (behalwe die Garden Suite) is op die eerste verdieping geleë met uitsigte van die balkonne af oor die dorpie of die tuin. Ander geriewe in die kamers sluit in: badkamers met storte en baddens of net storte, waaiers, gasverwarmers, elektriese komberse, haardroërs, WiFi en koffie- en teemaakgeriewe.
Neem kennis dat die TV's in die kamer tans nie werk nie, maar daar is 'n TV met DStv in die kroeg.
Die bekroonde Klein Karoo Gourmand-restaurant is oop vir ontbyt, middagete en aandete, en bedien fantastiese plattelandse geregte met 'n tikkie Klein-Karoo. Die hotel is 'n lid van die internasionale kosgilde, Chaine des Rotisseurs, en het sigself deur die jare gevestig as een van die gewildste bestemmings op Roete 62 - 'n ware Klein-Karoo-kos- en wynervaring.
Gaste is mal daaroor om 'n drankie by die kroeg te geniet wat al sedert 1888 die hartklop van die dorpie is. Daar is gereeld musiek-optredes saans wat jonk en oud vermaak. Die tuine en groot swembad is ideaal vir daardie warm somersdae. In die winter sit gaste by die sitkamer in die kaggel en geniet 'n glasie Klein-Karoo-port.
Barrydale is na aan die bekende Tradouwpas, Warmwaterberg se warmwaterbronne, Barrydale Kelder, Joubert-Tradouw Privaatkelder en die bekende Ronnie's Sex Shop. Ander doendinge sluit voetslaan, bergfietsry, vierwielmotorfietsry, perdry en nog baie meer in.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Riebeeckstraat 30, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
- Gaste dink Karoo Art Hotel het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Riebeeckstraat 30, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom