Clansthal Akkommodasie by Barwood | LekkeSlaap
+16

Barwood

4 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Widenham-rylaan 51, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Barwood is ’n gastehuis in die stil dorpie, Umkomaas. Dié gastehuis het 2 selfsorg-eenhede met slaapplek vir 2 gaste elk.

Dié eenheid wat na die see front het ’n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die kamer het 'n mooi see-uitsig. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kamer wat nie na die see front het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Daar is ongelukkig nie slaapplek vir klein kinders in die suites nie.

Die eenhede is eenders ingerig met 'n kombuisie met ’n yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n elektriese braaipan. Komplimentêre koffie, tee, suiker, beskuit en ontbytgraan word voorsien. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Elke eenheid het ’n TV met sekere DStv-kanale. Die suites het toegang tot 'n privaat tuin. Die tuin het sitplek en braaigeriewe met 'n asemrowende uitsig oor die see.

Die eenhede deel ’n gemeenskaplike vermaak-area met ’n pool-tafel, veerpyltjiebord, en ’n verskeidenheid bordspeletjies. Daar is ook 'n draagbare braai beskikbaar om in die vermaak-area te gebruik. Veilige parkeerplek is op die perseel met ’n elektriese heining en afstandbeheerhek beskikbaar.

Umkomaas spog met unieke restaurante, winkels, ’n gewilde gholfbaan en 'n rolbalklub. Die dorp is net 75 km van King Shaka Internasionale Lughawe af.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Barwood
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Widenham-rylaan 51, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Barwood het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Widenham-rylaan 51, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYvygzQApDovyzs8hHq6sz5HpvwcCcMX79WSJLekEUKwfLGqoon?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 51 Widenham Drive Umkomaas 4170 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.22339 30.79141
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za