Bateleur Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bateleur Bush Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n volledig gemeubileerde vierslaapkamerhuis naby aan die Krokodilrivier in Marlothpark, op die randjie van die Krugerwildtuin.

Dié dubbelverdiepinghuis het plek vir 10 persone en bestaan uit 4 slaapkamers, 3 badkamers, en 'n oopplan-kombuis/sitkamer/eetkamer. Die hoofslaapkamer en 2 van die ander kamers is op die boonste vloer: Eersgenoemde het 'n koniningingrootte-bed, 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed (dié twee slaapkamers deel 'n badkamer). Die vierde slaapkamer is op die onderste vloer en het 1 enkelbed en daar is nog 'n aparte badkamer op hierdie vloer. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oondjie en stoof, en 'n eetkamertafel met plek vir 4 persone. Die sitkamer is toegerus met 'n stapelbed vir 1 persoon. Verder is daar plafonwaaiers in al die kamers en lugversorging in die hoofslaapkamer. Gaste het ook toegang tot 'n braai-area, 'n swembadjie, 'n knus boma en 'n houtdek op die boonste vloer wat ideaal is vir wildkyk (kyk uit vir die nagapies!).

Bateleur Bush Lodge bied 'n puik bosveldbelewenis en ons raai gaste aan om hulle oë oop te hou vir die rooibokke, bosbokke, sebras, vlakvarke, koedoes, kameelperde, wildebeeste, bobbejane en die groot verskeidenheid voëls.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bateleur Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false