Bayview Boutique Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bayview Boutique Guesthouse is perfek geleë teen Tafelberg se hang. Hierdie moderne en stylvolle toevlugsoord teen die berg is gemáák vir 'n gesonde leefstyl en spog met 'n pragtige uitsig op die berg, stad en hawe.

Bayview Boutique Guesthouse verwelkom jou met elegante argitektuur en sal jou onmiddellik tuis en ontspanne laat voel. Of jy die pragtige Kaapstad en sy omgewing wil besoek of net niks wil doen nie - dis jou keuse.

Verblyf word aangebied in superieur-, luukse en klassieke kamers, en elkeen het 'n en suite-stort. Die kamers het lugversorging en ondervloerse verhitting, 'n haardroër, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, satelliet-TV en WiFi-toegang.

Die gastehuis het 'n soutwaterswembad en sonstoele op die swembad se dek. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar en veilige parkeerplek word voorsien.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bayview Boutique Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za