Be @ Home Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Be @ Home Guest House bied gerieflike akkommodasie wat sentraal geleë is naby die hoofweg in Klerksdorp. Ons gastehuis bied al die geriewe wat jy mag nodig kry, of jy nou op 'n sakereis is of vir jou familie kom kuier.

Verblyf word aangebied in 9 dubbelkamers en 2 kamers met 2 enkelbeddens elk. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en/of 'n stort, 'n TV met DStv, WiFi, 'n yskas, 'n koffie- en teeskinkbord, 'n kluis, 'n haardroër en lugversorging. 'n Skoonmaakdiens word aangebied en gaste het toegang tot veilige parkeerplek. Gaste kan kies tussen 'n wegneemete, 'n volle Kontinentale ontbyt of 'n tuisgemaakte ontbyt in die knus eetkamer. Ontbyt word bedien van Maandae tot Saterdae tussen 7:00 en 9:00.

Die gastehuis is gerieflik geleë en bied maklike toegang tot die hoofweë wat deur Klerksdorp loop. Beide Matlosana Mall en City Mall is minder as 7 km van ons af. Verder is daar ook 'n Spar en 'n Pick 'n Pay naby aan ons geleë. Gaan maak 'n draai by die Tusk Rio Casino of bederf jouself met 'n maaltyd by een van die restaurante in die area. Ander geriewe in die omgewing sluit in hospitale en mediese sentrums.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Be @ Home Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za