Nahoon Strand Akkommodasie by Beach Holiday Home | LekkeSlaap
+23
+23

Beach Holiday Home

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harewood-rylaan 59, Nahoon , Oos-Londen, 5217, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Beach Holiday Home is 'n selfsorg-strandhuis net 'n hanetreetjie van die gewilde Nahoon-strand af, net 500 m van die see af. Die huis is ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see.

Die lig en lugtige gesinshuis het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer 'n enkelbed. Die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies in. Daar is ook 'n opwasarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroer. Die eetarea het 'n groot etenstafel met stoele. In die sitkamer is daar 'n kaggel en 'n platskerm-TV.

Die leefarea het stapeldeure wat toegang bied tot 'n stoep- en swembad-area. Op die stoep is daar buitemeubels, 'n draagbare braai en Weber-braaigeriewe. In die tuin is daar 'n trampolien wat die kinders vir ure besig sal hou.

Beach Holiday Home het ook gratis WiFi. Veilige parkeerplek word voorsien en die huis het 'n alarmstelsel wat aan 'n 24 uur-sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.

Slaapplek

’n Bespreking by Beach Holiday Home sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Beach Holiday Home
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Harewood-rylaan 59, Nahoon , Oos-Londen, 5217, Oos-Kaap
  • Gaste dink Beach Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harewood-rylaan 59, Nahoon , Oos-Londen, 5217, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk1MWZiYWZiLWI0NTktNGEyMi1iNDg2LTY2ZDA2YzVkZDUxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 Harewood Drive Nahoon 5217 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.987399 27.944584
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za