Oslo Beach Akkommodasie by Beach View Self Catering House | LekkeSlaap
+22
+22

Beach View Self Catering House

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 15)
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: King Haakon-weg 48, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Beach View is 'n ruim huis in Port Shepstone, slegs 300 m vanaf die strand. Gaste kan verseker wees van gerieflike verblyf met patio's of balkonne en see-uitsigte vanuit elke kamer.

Daar is 4 slaapkamers en 'n woonstel met altesaam slaapplek vir 15 gaste. Alle kamers is en suite met lugversorging en TV's met DStv. Groot balkonne bied genoegsame geleentheid om die fantastiese walvisse en dolfyne dop te hou wat in die baai baljaar. Die balkonne is ook die perfekte plek om wonderskone sonsondergange te geniet. 'n Daaglikse skoonmaakdiens sowel as wasgoeddienste kan gereël word.

Daar is 'n groot buite-swembad. Internet en ander kantoorgeriewe is beskikbaar en kan met die bestuurder gereël word. Daar is konferensiegeriewe beskikbaar vir tot 20 gaste en spyseniering kan gereël word. Daar is ook braaigeriewe.

Die Suidkus is 'n uitstekende plek vir hengel en verskeie spesies swem gereeld hier verby. Die huis is naby die middedorp en verskeie winkelsentrums is sommer binne stapafstand. Daar is ook 'n hele paar wonderlike restaurante naby ons. Shelly Beach Mall is slegs 10 minute van ons af. Ons sub-tropiese kuslyn is ideaal vir luilekker dae op die strand, aangesien die temperatuur selde benede 18°C daal.

Slaapplek

’n Bespreking by Beach View Self Catering House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed Enkelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xEnkelslaapbank
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Beach View Self Catering House
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • King Haakon-weg 48, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beach View Self Catering House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 15)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 15)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 15)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: King Haakon-weg 48, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAArWVlAo0Ardi8UGJDWkqfuJ6D4YEwZG4IJGnjzVePLYYmThFey?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 15) 4 5 1 5 48 King Haakon Road Port Shepstone 4240 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-16:00 10:00 -30.763176 30.440594
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za