Kyalami Beaulieu Haven Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Apr 2019 tot 31 Jan 2021.

Beskrywing

Kyalami Beaulieu Haven Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n privaat tuinhuisie met 1 slaapkamer. Die kothuis is op 'n residensiële eiendom in Beaulieu Country Estate in Kyalami, Johannesburg geleë.

Gaste kan in die stil tuin ontspan, gaan stap of draf op een van die voetslaanroetes of net langs die swembad en braai-area ontspan. Die eenheid bied slaapplek aan 3 volwassenes en kinders onder 4 bly gratis.

Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en daar is 'n slaapbank en stoel in die sitarea. Die kombuisie is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, tweeplaatstofie, braairooster, wok, ketel, koffiepot, eetgerei en breekware toegerus. Ontbyt is op versoek beskikbaar behalwe op Sondae. Ander geriewe in die kothuis sluit, tee- en koffiemaakgeriewe, beskuit, WiFi, TV met DStv, waaier en 'n verwarmer in.

Die huisie het 'n privaat ingang, 'n braai-area en 'n stoep wat lei na 'n pragtige tuin en 'n swembad. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek met afstandbeheer-toegang.

Dié veilige landgoed bied 21 km lange roetes waar gaste kan voetslaan en fietsryroetes om die Kyalami gholfbaan en Beaulieu-voëlreservaat. Dis ook ongeveer 5 minute vanaf Kyalami Corner en Crowthorne Mall, met restaurante en kitskos-kettingwinkels, asook naby Kyalami perderuiter-park, Lipizzaner-perde, Inanda Country Base, Waterfall, Mall of Africa, Monte Casino.

Slaapplek

'n Bespreking by Kyalami Beaulieu Haven Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kyalami Beaulieu Haven Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 R788 per nag (vir 3 mense)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Apr 2019 tot 31 Jan 2021.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false