Belair Manor and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Belair vang die eenvoud en elegansie van die Constantia Wynlande vas. Belair Manor is 'n ryklike villa met 4 slaapkamers en Belair Cottage is 'n pragtige miniatuur-villa met 1 slaapkamer. Die verblyf is in die hartjie van Constantia Wynlande, en naby puik restaurante, bekende gholfbane, wingerde, besienswaardighede en vermaak.

Belair Manor en Belair Cottage is op dieselfde perseel maar privaat van mekaar geleë. Elke eenheid het sy eie swembad en tuin met sonstoele en 'n etenstafel. Die 2 eenhede kan saam bespreek word om 5 slaapkamers te bied. Ons professionele skoonmaak-, tuin- en sekuriteitspersoneel bly in 'n aparte gebou wat privaat op die perseel geleë is.

Die eenhede word 6 dae per week skoongemaak. Wasgoeddienste en lughawevervoer kan gereël word, en ons help gaste graag om toere en ander uitstappies in en om Kaapstad, asook oornagtoere na die Tuinroete en ander bestemmings te reël. Ons kan ook teatervertonings, operas, konserte, huurmotors of -motorfietse, helikoptervlugte of spesiale toere namens gaste bepreek, en maak graag aanbevelings oor wat om te doen en te sien.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Belair Manor And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za