Belfast Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Belfast Guest House bied 'n plattelandse selfsorgwegbreek op 'n rustige plaas in die Suidelike Drakensberge. Die perseel is die ideale plek om die stad te ontsnap en is 'n basis vanwaar die Suidelike Drakensberg se Wêrelderfenisgebiede soos die Sanipas verken kan word.

Die huis het slaapplek vir 9 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n TV, die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en albei slaapkamers het 'n ruim en suite-badkamer met verhitte handdoekrelings. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met verhitte handdoekrelings. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens en toegang tot 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, of gaste kan die aparte badkamer gebruik.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n groot yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, elektriese oond en 'n gasstoof. Die sitarea en etenskamer is ruim en het 'n kaggel. Die kroeg het 'n groot TV en 'n oop kaggel wat die leefarea in die winter lekker warm maak.

Die hoofslaapkamer, oopplan-leefarea en die kroeg bied toegang tot die stoep wat stoele, tafels en 'n ingeboude braai-area het. Gaste kan die sonsondergang op die berg in die weste geniet.

'n Draggie vuurmaakhout, tee en koffie word met aankoms voorsien. Daar is sonkragopwekkers vir die ligte indien die krag afgaan. DStv is op versoek beskikbaar. Daar is 'n pragtige rivier en 2 damme wat geskik is vir kunsvlieghengel op die perseel, stapafstand van die huis. Buitelugentoesiaste kan gerus hul stapskoene, bergfietse, kajak en verkykers saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by Belfast Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Belfast Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (vir 9 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za