Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Believers Destiny Getaway

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R675 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Believers Destiny Getaway is 25 km buite Swellendam in Heidelberg se rigting geleë en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Dié verblyf maak gebruik van sonkrag en gas en bied verblyf in 3 eenhede, naamlik Vlakvark, Meerkat en BushCat. Elke eenheid het 'n privaat houtvuurwarmbad. Hout, braaivleis, wors, sosaties, ys en vuuraanstekers kan op die plaas gekoop word, maar gaste is ook welkom om hul eie vuurmaakhout te bring.

Daar is 'n lapa op die perseel met 'n winkel wat 'n groot verskeidenheid produkte verkoop.

Vlakvark bied slaapplek aan 5 gaste in 2 slaapkamers en daar is 'n badkamer met 'n stort, 'n toilet, baba-badjie en 'n lae wasbak wat dit ideaal maak vir kinders. Die kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, eetgerei en breekware toegerus en tandestokkies, vullissakke, Sunlight-opwasmiddel en lappies word voorsien. Daar is nie 'n oond nie. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel vir die koue wintersaande. Op die stoep is daar 'n houtvuur-warmbad en braaigeriewe met 'n braairooster. Troeteldiere is welkom op versoek en teen ekstra koste. Die eenheid is omhein vir troeteldiere.

Die Meerkat is ideaal vir 'n paartjie en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n ruim stort, bad, toilet en die kenmerkende Meerkat-wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n vierplaat-gasstoof (geen oond), yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Skoonmaakmiddels word voorsien vir gaste se gerief. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n lekker kaggel vir daardie koue winteraande. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe en 'n braairooster. Let asb. daarop dat Meerkat nie troeteldiervriendelik is nie.

BushCat is 'n karavaan vir 2 gaste wat in 'n groter eenheid met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort omskep is. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof (geen oond), eetgerei en breekware toegerus. Klein hondjies word in hierdie eenheid toegelaat op versoek en teen ekstra koste. Die eenheid is omhein vir troeteldiere.

Gaste sal op 'n stuk grondpad van 4,5 km moet ry om by die huis te kom en moet dus asb. navraag doen oor die toestand van die pad voordat hulle bespreek.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 137 resensies vir Believers Destiny Getaway
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
  • Gaste dink Believers Destiny Getaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R675
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R675
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4241f10b2e39357b0d55111ba27ab4773cde901a69d9418033536eedfebdd152750698e6e20382492e1d1eeb8283de666286?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R675 per nag (plek vir 2) 137 5 1 5 Plot 537 Rietkuil 6743 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.061113009359 20.680406091839