Bell Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bell Cottage is in die boomryke voorstad Constantia geleë, reg langs die winkelsentrum Constantia Village. Dié kothuis bied maklike toegang tot Kaapstad se hoofweë en jy kan sommer vinnig by al die geriewe uitkom.

Bell Cottage is gerieflik en bekostigbaar en bied selfsorgverblyf wat ideaal is vir 'n paartjie. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kothuis is nie volledig toegerus vir selfsorg nie, maar het wel 'n mikrogolf, yskassie, ketel, wasbak en 2 stelle breekware en eetgerei. Daar is 'n platskerm-TV.

Die kothuis het 'n beskutte binnehof en veilige parkeerplek van die straat af word voorsien.

Daar is verskeie restaurante en koffiewinkels binne 10 minute se stap of 2 minute se ry van die kothuis af. Die Constantia Wynroete, waar jy kan wynproe en wyn koop, se beginpunt is net 'n klipgooi van die kothuis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Bell Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bell Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za