LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bell-Lu Guest House | LekkeSlaap
+17

Bell-Lu Guest House

18 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 18 resensies vir Bell-Lu Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.4/5
Alinda S - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alinda S
Gesin met tieners

Aangename verblyf.

Gerieflik, vriendelik, hulpvaardig, baie goeie diens. Sentrale ligging, veral vir sport- of ander byeenkomste by Diamantveld HS.

Glenda L - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Glenda L
Enkelreisiger

Baie gemaklik, baie vriendelik, beslis waarde vir geld.

Warm verwelkoming, vriendelike en gasvrye behandeling, aandag op die kliënt se behoeftes. Ek sal dit beslis aanbeveel.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Baie dankie Glenda. Kom gerus weer.
Betsie

Bell-Lu Guest House
Hennie C - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker! Diens puik!

Pragtige plek. Gasvry en vriendelik ontvang en diens was uit die boonste rakke! Sal dit hoog aanbeveel!

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Baie dankie julle twee. Ons is baie bly dat julle lekker gebly het. Kom gerus weer hier verby.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Fransie D - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Fransie D
Gesin met klein kinders

Gemaklik.

Veilige area. Goed geleë.

Eruka C - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Eruka C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende diens en gasvryheid.

Kamers was netjies, pragtige plek, badkamer baie mooi en skoon, personeel uiters gasvry. Ons sal beslis weer van hulle gebruik maak in die toekoms.

Helena Cathrina Berta V - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helena Cathrina Berta V

Absolute wonderlike, vriendelike diens.

Vriendelike Afrikaanse diens. Baie hulpvaardig en baie netjiese skoon plek. Sal die plekkie enige tyd aanbeveel by enige iemand! Baie dankie Gert!

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Hallo Berta,
Ek is baie bly dat julle lekker by ons oornag het en dankie vir die resensie. Ons wag vir julle die einde van die jaar, wanneer dit weer vakansietyd is. Mooi loop.
Groete,
Betsie.

Bell-Lu Guest House
Bertie D - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bertie D

Baie mooi plek en baie lekker gebly.

Pragtige gastehuis, netjiese kamers en baie goeie kliëntediens.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Hallo Bertie,
Baie dankie dat jy moeite gedoen het om 'n resensie te skryf. Dit help ander gaste om 'n keuse te maak. Ek hoop ons sien julle weer met julle volgende vakansie.
Groete,
Betsie.

Bell-Lu Guest House
Glynn H - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Glynn H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Baie lekker gebly! Sal dit definitief aanbeveel.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Hallo Glynn,
Ons is baie bly om te hoor dat julle lekker gebly. Nou weet julle waar is 'n half-weg-stasie in Kimberley.
Groete,
Betsie.

Bell-Lu Guest House
Fanus V - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Fanus V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Teleurstellend.

Die kamer was klein. Die toilet se venster maak oop op die sypaadjie. Die plafon is oud. Die mure is nie glad afgewerk nie. Die waaier werk net as die lig aangeskakel is. Die kussings is pap verekussings. Dit is net 'n beknopte kamer om in te slaap met beknopte parkeerruimte. In vergelyking met ons vorige oorslaapplek wat ook 'n 3 ster gradering het, is die akkommodasie nie net duurder nie, maar baie swakker. Ons het verkies om ons toer in Kimberley te verkort en terug te keer na die vorige plek, waar ons akkommodasie ruimer was, goedkoper was, en ons na buite kon leef en vleisbraai. Die foto's van die akkommodasie is uiters misleidend. Dit was nie lekker nie.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Beste Fanus
Ek gaan my nie in 'n oor-en-weer slegmakery laat beland nie - dus gaan ek geen kommentaar lewer op jou aantygings nie. Vir die gaste wat egter jou kommentaar lees wil ek graag die volgende sê:
1. Die hele kamer en badkamer is 'n maand gelede uitgeverf en het ons 'n nuwe stort ingesit.
2. Die kamer het 'n lugreëling.
3. Die meubels is van geelhout en swarthout.
4. Die huis is ongeveer 70 jaar oud en die buitegeboue se afwerking is grof, wat dit nogal 'n soort karakter gee.
5. Die badkamer kyk uit op 'n laan en daar is feitlik geen verkeer nie.
6. Die gordyne is gevoer met 'n "block out" materiaal as jy daarvan hou om in donker omstandighede te slaap - ook gedurende die dag.
7. Ons parkeerplekke is ongeveer 30 cm breër as by die winkelsentrums
8. Daar is DStv in die kamer, gratis Wi-Fi, koffie- en teefassiliteite en al jou toiletries asook 'n yskas.
9. In die volgende twee weke vevang ons al ons kamers se plafonne om dit meer modern te maak.
10. Oor die afgelope 17 jaar het baie gaste ons pad gekruis en het ons net die mooiste herinneringe van hierdie omgee
gaste wat regtig waardeer wat ons probeer aanbied.

Wat ek graag vir jou persoonlik wil sê Fanus, is dat ek presies R 460.60 van LekkeSlaap af ontvang het vir jou akkommodasie. Die res hou hulle vir kommissie.
Groete
Betsie Potgieter

Bell-Lu Guest House
Francois G - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste verblyf in Kimberley!

Vriendelike en aangename bestuur en personeel. Definitief waarde vir geld. Mooiste kamers! Ons kom beslis weer oorbly!

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Dit was ons plesier Francois. Baie dankie vir die mooi kommentaar. Ons probeer regtig om ons gaste gelukkig te hou en dis 'n riem onder die hart as iemand dit waardeer.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Piet B - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Piet B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik!

Ons het baie lekker gebly en is vriendelik ontvang. Kan die gastehuis aanbeveel.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Dankie Ben. Kom gerus weer.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Herman K - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Herman K
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Ruim, gerieflike kamer.

Ons was baie vriendelik ontvang en het 'n baie gemaklike kamer gehad met 'n lekker groot stort. Het heerlik geslaap en 'n lekker groot ontbyt gehad. Dit was asof ons by ons ouers gekuier het. Sal beslis weer daar oornag indien ek in Kimberley moet oornag.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Dankie Herman. Ek is bly julle het lekker geslaap. Kom besoek ons gerus weer.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Wilma E - Jun 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Wilma E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die kamer was ruim met 'n gemaklike bed.

Die teëls ls in die stort was gekraak en gevlek. Ook net een groot handdoek beskikbaar. Rakkies by die wasbak vol ou tandepastamerke. Dit skep nie 'n vars indruk nie.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Hallo Wilma
Jammer oor die badkamer en die een handdoek. Ons het dit dadelik met die skoonmaakpersoneel opgeneem, want dis onaanvaarbaar dat hulle nie goed skoongemaak het nie. As jy my aandag daarop gevestig het sou ek dadelik vir jou 'n ekstra handdoek verskaf het. Ons is bewus van die paar gebarste teels in die badkamer (in die stort gedeelte) en het ons reeds besluit om die hele badkamer oor te doen aangesien daar nie meer van die spesifieke teels beskikbaar is nie.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Riena B - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riena B
Gesin met tieners

Heeltemal gerieflik en heerlik.

Dis 'n pragtige juweel en sal enige tyd weer terug kom.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Baie dankie Eldoriena. Julle was sulke stil gaste en dit was 'n plesier om julle by ons te kon akkommodeer. Kom gerus weer.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Charles C - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charles C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie diens en 'n vriendelike gasvrou. Gehalte uitstekend.

Die kamers was groot en smaakvol ingerig. Die gasvrou en personeel was professioneel en baie vriendelik. Omgewing baie goed.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Dankie Charles. Ek is bly julle het gerieflik gebly. Volgende keer moet julle ons heerlike ontbyt ook probeer.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Francis P - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francis P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Fantasties en baie netjies.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Dankie Francis.Julle was sulke lekker stil gaste. Kom gerus weer.
Groete
Betsie

Bell-Lu Guest House
Tharina P - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tharina P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige en gerieflike kamer.

Die ontvangs en verblyf was absoluut puik. Baie netjies en baie veilig. Lugversorging is beslis 'n bonus met Kimberley se warm somer weer. Betsie is baie gasvry en haar kennis van Kimberley is baie goed. Sal Bell-Lu beslis vir enige persoon aanbeveel.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Hallo Tharina,
Dit was 'n groot plesier om julle te kon akkommodeer. Kom kuier gerus weer. Julle het vir ons so 'n lekker skoon kamer agtergelaat - wens regtig alle gaste is soos julle. Mooi bly tot 'n volgende keer.
Betsie

Bell-Lu Guest House
Hendrik K - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hendrik K
Enkelreisiger

Heerlik koel, skoon, veilig en vriendelik.

Bell-Lu het my hond geakkommodeer. My kamer was heerlik koel na 'n bitter warm dag op die pad. Hulle het vir my wegneemete bestel en was baie vriendelik met 'n veilige parkeerarea vir my voertuig.

Bell-Lu Guest House's terugvoer

Baie dankie Hennie. Dit was 'n plesier om jou te akkommodeer. Ons "love" jou hond - jy kon haar maar hier gelos het.
Groete,
Betsie

Bell-Lu Guest House
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milnerstraat 63, Belgravia, Kimberley, 8301, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIxNGZiYzk0LWRkMmEtNGQ1ZC1hZWIzLWJhOGE1NGM3M2ViOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 63 Milner street Belgravia 8301 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -28.754388888889 24.770638888889
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!