Bella Marlichelle Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bella Marlichelle Villa is in Ramsgate, 'n dorpie langsaan die groter Margate en naby van die mooiste strande in Suider Afrika.

'n Huishulp is ingesluit by die fooi en help met koskook. Die huis het slaapplek vir 6 tot 10 gaste. Dit is ruim en omring deur 'n subtropiese tuin.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers. 4 van die slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook beddens in die boonste leefarea. Die hoofslaapkamer en die boonste slaapkamer het elkeen 'n en suite-badkamer. Die ander kamers deel 'n aparte badkamer en 2 gastetoilette. Linne word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n kookblad, oond, mikrogolfoond, yskas en 'n vrieskas. Die ruim eetarea het 'n kombuisluik, eetkamertafel met sitplek vir 10 mense en 'n skuifdeur wat toegang bied tot die braai-areas en oopplan-sitkamer. Vanaf die 3 boonste balkonne, 'n slaapkamer en die leefarea kan gaste 'n see-uitsig geniet.

Daar is 'n ruim, oop braai-area en nog een wat onderdak is. Die tuin is privaat vanaf die straat en is ommuur. Die perseel het 4 ruim motorhuis. Dit is beveilig met elektroniese hekke, outomatiese motorhuisdeure en 'n alarmstelsel.

Die huis is stapafstand vanaf die Blouvlagstrand in Ramsgate en 30 minute se ry vanaf die Wildekus met pragtige strande, gholfbane, restaurante en 'n kasino. Minder as 1 km ver is restaurante, kunsgalerye en winkels. Uvongo Bird Park en Pure Venom Reptile Park is ook 'n klipgooi ver. Strandroetes, voetslaanroetes en die Orbi Gorge is ook in die omgewing. Daar is 'n staproete wat begin langs die see en verby die strande gaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Bella Marlichelle Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bella Marlichelle Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za