Bella se Plekkie
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aandblomlaan 10, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 3
- Vanaf R890 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Bella se Plekkie is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in die pragtige kusdorp, Stilbaai. Dié dorpie skuil aan die oewer van die Goukourivier en spog met lang strande, 'n vlei en 'n verskeidenheid mariene- en voëlspesies.
Hierdie eenslaapkamerwoonstel op die eerste verdieping het steil trappe wat nie vir bejaardes geskik is nie. Daar is slaapplek vir 4 gaste, verkieslik 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en bied toegang tot die balkon. Daar is 'n stapelbed in die leefarea wat 1 volwassene kan akkommodeer, of dit kan op versoek in 2 enkelbeddens langs mekaar vir 2 kinders omskep word. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en kookgerei. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale, wasgoedgeriewe, 'n privaat tuin, balkon en 'n braai-area. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig en 1 sleepwa is beskikbaar.
Doendinge en besienswaardighede in die omtrek sluit Stilbaai se gholfklub, voetslaanroetes, Stilbaai se strande, swem, branderplankry, hengel en kanovaart in.
Slaapplek
’n Bespreking by Bella se Plekkie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Aandblomlaan 10, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Bella se Plekkie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aandblomlaan 10, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 3