LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bella View | LekkeSlaap
+25

Bella View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whites-weg 305, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Bella View is 'n ruim vakansiehuis in Wildernis op die Tuinroete en dit bied 'n panoramiese uitsig oor die oseaan. Die huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Hierdie dubbelverdiepinghuis is geskik vir 8 volwassenes en 2 kinders, en het 3 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die ander badkamers het elk 'n bad, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis en eetarea is op die eerste verdieping. Die ruim sitarea en leeshoekie is op die boonste verdieping en dit lei na die balkon. Die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware. Daar is 'n skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër in die opwasarea. Daar is braaigeriewe en gratis WiFi.

Wildernis is 'n bekoorlike vakansiedorpie met lang, goue strande en uitgestrekte waters, en die woud is 'n lushof vir enige natuurliefhebber.

Slaapplek

’n Bespreking by Bella View sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Whites-weg 305, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whites-weg 305, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA09ba7d1af41f367ad823f3f482617a8d0f827e2c57ccd70329c796b76bda314befb11f20cb4b5fe32d2aa285774dc4f2a5b3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000  per nag (plek vir 8) 305 Whites Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.991035079375 22.59070955271
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem