Bellevue Resort Unit 18

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bellevue Resort Unit 18 is 'n knus selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Stilbaai. Die eenheid is minder as 1 km van die hoofstrand af en net 100 m van die strandmeer af. Dié kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad teen geen ekstra koste nie.

Eenheid 18 is volledig gemeubileer en het slaapplek vir tot 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders). Die slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n ekstra enkelbed en ingeboude kaste. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea vir die vierde gas. Die badkamer het 'n bad, aparte stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n wasmasjien in die badkamer.

Daar is 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis het 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolf, konveksieoond, ander toebehore, ingeboude kaste en 'n toonbank met sitplek vir 2. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n etenstafel met 4 stoele. Daar is ook 'n haardroër, strykplank en -yster beskikbaar.

Braaigeriewe en parkeerplek vir 1 voertuig is ook beskikbaar. Daar is gratis WiFi in die gemeenskaplike areas waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Slaapplek

'n Bespreking by Bellevue Resort Unit 18 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bellevue Resort Unit 18 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za