Hazyview Akkommodasie by Berg Cottage | LekkeSlaap
+16

Berg Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 17 Dagama Plaas 25JU, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Berg Cottage is sowat 20 km vanaf Hazyview, lekker naby die Krugerwildtuin se Phabeni-, Numbi- en Krugerhekke. Phabeni is net 30 km van die plaas af. Let asb. dat 'n motor met 'n hoë grondvryhoogte of 'n 4x4-voertuig nodig is om die instansie te bereik weens die grondpad.

Die kothuis skuil in 'n bos op 'n berg en sy uitsigte oor die Da Gama-dam, Noordelike Drakensberge en die Krugerwildtuin is asemrowend.

Berg Cottage het slaapplek vir 6 mense in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en daar is 2 driekwartbeddens in die derde slaapkamer. Laasgenoemde twee slaapkamers deel die tweede badkamer wat met 'n bad, wasbak en toilet ingerig is. Daar is 'n vierde slaapkamer wat as 'n stoorplek kan dien of dit kan 'n ekstra gas, teen ekstra kostes, akkommodeer.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, broodrooster, yskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Die aparte opwaskamer bied ekstra ruimte en gerief. Die kombuistafel is ideaal vir kaartspeel en laatnagkuiers met wyn of koffie.

Berg Cottage het 'n kaggel en daar is braaigeriewe op die stoep. Die hoofhuis en kothuis het elektriese omheining.
Die plaas is 85 hektaar groot en spog met 'n hele paar privaat staproetes en 'n pragtige piekniekplek by die plaasdam.

Besienswaardighede in die omgewing: die Panorama-roete, God's Window, Bourke's Luck Potholes, Sabie en Graskop se pragtige watervalle en meer. Heelwat doendinge is ook beskikbaar in die Sabievallei: vierwielmotorfietstoere, riviervlotvaart, perdry, die reptielpark, Elephant Whispers of Hazyview en Skyway Trails. Daar is 'n groot verskeidenheid restaurante in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Berg Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 15 resensies vir Berg Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Deel 17 Dagama Plaas 25JU, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Berg Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 17 Dagama Plaas 25JU, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEyZTgyYjVhLTViMjUtNDJjZi05ODZmLWEwN2VlNjNlZmZiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 6) 15 5 1 5 Portion 17 Dagama Farm 25JU White River 1240 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.155908333333 31.033888888889
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za