Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergland Vakansiehuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

INA Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Jaar gelys 3

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 22 resensies vir Bergland Vakansiehuis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Deon W - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Deon W
Gesin met klein kinders

Alles meer as perfek!

Die gasvryheid van was ongelooflik! Sy het ons verwelkom met 'n heerlike kaasplatter en 'n persoonlike welkomstekst op 'n swartbord in die woning. Sy het soos 'n mens se, "above en beyond" gegaan met alles. Sal 100% weer hier kom bly en kan dit net hoogs aanbeveel! Die uitsig op die see is pragtig en die woning self is wonderlik. Ons het ons tyd hier baie geniet!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Deon, baie dankie vir jou mooi resensie. Ons het al soos ou vriende gevoel toe ons ontmoet het aangesien jy so lank voor die tyd bespreek het. Dit was my voorreg om julle te kon ontvang. Dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het. Sal julle graag weer ontvang in die toekoms. Mooi loop.

Bergland Vakansiehuis
Juanita K - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juanita K
Saam met vriende

Wow, wow, wow. Detail aan klein goedjies is gegee. Sal die plek beslis aanbeveel.

Ons het fantasties gebly! Die gasvryheid van die gasheer was uitsonderlik. Ons is so bederf. Baie dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Juanita, baie dankie vir jou mooi resensie. Van my kant af kan ek vir jou net so groot kompliment gee. Baie dankie dat julle die huis so netjies en skoon gelaat het. Dit is sulke gaste soos julle wat dit maklik maak om in die bedryf te wees. Hoop ons paaie kruis weer in die toekoms.

Bergland Vakansiehuis
Werner C - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner C

Top-klas veilige verblyf - sal nie teleurstel nie.

Beslis top-klas verblyf, sal enige tyd weer ondersteun en ander aanmoedig om dieselfde te doen. Op aankom was ons verras met heerlike eetgoed in die yskas, iets wat jy nie sommer by ander vakansiehuise of gastehuise kry nie, definitief 'n bonus! Die huis was pragtig en het alles wat nodig is, die seeuitsig is asemrowend. Kon eerlikwaar geen fout vind nie. Indien jy twyfel of jy hierdie vakansiehuis moet bespreek, hou op twyfel en bespreek dadelik!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Werner, baie dankie vir jou mooi resensie, dit word opreg waardeer. Julle was voorwaar puik gaste wat ons huis ongelooflik netjies agtergelaat het dat dit gelyk het asof daar geen gaste gewoon het nie. Dit was 'n voorreg om julle daar te kon hê. Hoop ons paaie kruis weer in die toekoms en sal julle met ope arms terug verwelkom.

Bergland Vakansiehuis
Annemarie L - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annemarie L
Besigheidsreis

Uitstekende diens. Baie goed uitgerus. Perfek geleë en goeie waarde vir geld.

Ons het baie lekker gekuier en gewerk in Bergland Vakansiehuis. Ina, ons gasvrou, het absoluut uit haar pad gegaan om ons verblyf aangenaam te maak. Uitstekende diens. Pragtige uitsig en so goed toegerus. Die plek is pragtig, skoon en baie goed toegerus! Bergland is definitief jou eerste keuse in Glentana.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Annemarie, dit was vir my 'n baie groot voorreg om julle te kon ontmoet. Julle was sulke 'lekker' gemaklike gaste. Baie dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het en dit so netjies en skoon agter gelaat het. Hoop ons paaie kruis weer vorentoe.

Bergland Vakansiehuis
Sonette D - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonette D
Gesin met tieners

Uitstekende verblyf, met 'n hele paar goeie verrassings wat op jou wag!

Wow, wat 'n aangename verrassing, vanaf ons aankoms tot die aand voor ons vertrek. Tannie is 'n besonderse mens, wat uit haar pad gaan om haar gaste tevrede te stel en dit so maklik laat lyk. Met aankoms die aand, was ons verras met aandete, asook al die nodige goed vir die volgende oggend se ontbyt. Alles was tot ons beskikking. Die huis is gerieflik, skoon, en alles wat jy nodig het. Die uitsig is asemrowend en die omgewing is rustig. Die strande is skoon, mense vriendelik en behulpsaam. Dit was een van die beste plekke wat ons al ooit gebly het. Weereens baie dankie, tannie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Hi Sonette, dit was 'n groot voorreg om julle te kon ontmoet. Julle is beslis sterstatus. Dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het.

Bergland Vakansiehuis
Jan D - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan D
Saam met vriende

Pragtige, gerieflike vakansieverblyf. Ons sal dit beslis aanbeveel.

Ons het 'n paar heerlike dae deurgebring by Bergland. Ina is 'n sorgsame gasvrou wat alles in haar vermoë gedoen het om die huisvesting goed in te rig en dit gemaklik vir gaste te maak. Sy het ons selfs verras met die allerheerlikse 'platters' met ons aankoms! Glentana is 'n lieflike vakansiegebied, en Bergland is lekker sentraal en naby al die mooi besienswaardighede in die Tuinroete geleë.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Magdelize S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magdelize S
Gesin met klein kinders

Alles en nog meer. Gasvrou 1000.

Wow! Ina jy is tops. Wat 'n wonderlike ervaring. Netjies, huislik, warm atmosfeer. Met aankoms word mens bederf met 'n ete en yskas vol ontbyt-goedjies, beskuit en letterlik alles wat benodig sou word. Soveel meer as wat mens verwag. Baie dankie vir alles Ina. Ons beveel Bergland Vakansiehuis sonder twyfel ten sterkste aan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Dit was 'n groot voorreg om julle te kon ontvang. Model gaste wat ons huis super netjies gelos het. Hoop ons paaie kruis weer eendag.

Bergland Vakansiehuis
Michelle G - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michelle G
Gesin met klein kinders

Pragtige verblyf en 'n wonderlike gasvrou!

Bergland is pragtig, netjies, skoon en ten volle toegerus. Pragtige uitsig, nie te ver van die see. Ina is 'n wonderlike gasvrou en het ons regtig bederf. Ons was ook altyd op hoogte gehou omtrent kragonderbrekings. Ons sal definitief weer van haar gebruik maak. Dankie Ina vir 'n heerlike naweek, ons het dit ongelooflik geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Hi Michelle, baie dankie vir jou mooi terugvoering. Dit was 'n absolute plesier om julle te kon huisves. Julle het ons huis super puik gelaat. Baie dankie daarvoor. Sal so lekker wees om julle weer te sien.

Bergland Vakansiehuis
Sandra B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra B
Gesin met klein kinders

Uitstekend!

Pragtig huis en smaakvol ingerig met meer as wat jy nodig het. Ina het ons verras met aandete en wyn met ons aankoms en kruideniers vir ontbyt. Lieflike uitsig en stil omgewing. Gastevrou van formaat!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mari B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mari B
Gesin met klein kinders

Gasvryheid op 'n ander vlak!

Ons was bederf met 'n smaaklike ete met ons aankoms en 'n bederfpakkie met ons vertrek. Ons vlug was met 5 ure vertraag vanaf George na Jhb, maar Ina het sonder om te skroom die huis beskikbaar gestel vir ons om te wag, sonder enige ekstra kostes. Baie dankie vir 'n baie skoon huis met ons aankoms en al die bederf!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Mari julle was super gaste. Julle was altyd so stil ons het nie van julle geweet nie. Dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het. Hoop om julle spoedig weer te sien.

Bergland Vakansiehuis
Lauren N - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lauren N
Gesin met tieners

Dit was amazing.

Baie dankie vir al jou gasvryheid Ina, was skoon verras met die oulike plek daar is nie 'n ding wat nie aan gedink is nie, lekker koffies, beskuit, vars vrugte en die heerlikste hoenderpastei. Die kinders was te bly vir die WiFi. Ons sal beslis weer kom. Beste geriewe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Cecilia N - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecilia N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Prentjiemooi.

Baie dankie vir die onvergeetlike tyd by jul asemrowende rustige plekkie. Jul is die mooiste mense en jul moeite en liefde het so baie vir ons beteken. Dankie vir die heerlike kossies en moeite om ons tyd so gemaklik moontlik te maak. Ek verlang sommer terug, en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Van die tuin, huis, diens en liefde was alles net perfek. Rus vir my siel. Vir die eerste keer in jare het ek dood geslaap en die mooiste prentjie oor die see gehad as ek wakker geword het elke oggend. Skoonste plek waar ek nog ooit was. Prentjie mooi. Baie baie dankie vir alles. Ons het dit vreeslik baie geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Hi Cecilia, dit was net 'n voorreg om julle hier te kon ontvang. Baie dankie vir jou mooi en opregte resensie. Ons waardeer dit baie dat julle so mooi na die huis gekyk het en alles mooi en netjies gelos het soos wat julle dit gekry het. Ons sien uit na julle volgende kuier om dan julle kinders ook te kan ontmoet. See-groete

Bergland Vakansiehuis
Ronel D - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel D
Gesin met klein kinders

Familiewegbreek oor die Paastyd.

Ons het al in vakansiehuise gebly waar die eienaars geringe moeite met detail doen en dan duur pryse vra. Nie by Bergland nie. Daar was aandag gegee aan die kleinste detail om alles te bied wat 'n mens by jou eie huis sou nodig kry - soos ekstra linne, skottelgoedseep, vars melk en brood en tot 'n ete by aankoms! Ina en haar man verstaan die woord "gasvry" en het rigtig alles in hulle vermoë gedoen om die plek gerieflik in te rig. Voorwaar puik en sal dit definitief aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Ronel en familie, dit was 'n plesier om julle te kon ontvang. Na julle vertrek was die huis so netjies gelos. Dit is altyd lekker om te sien as die gaste hulle kuier geniet. Dit sal 'n voorreg wees om julle weer te sien.

Bergland Vakansiehuis
Marguerite M - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marguerite M
Saam met vriende

Ons Paasnaweek by Bergland Vakansiehuis het gevoel soos huis, weg van die huis. Ina is 'n wonderlike gasvrou, sy het ons bederf met aandete, lekkernye en 'n heerlike ontbyt die volgende oggend, alles deel van haar liefde vir haar gaste. Die huis self is skoon, stylvol gemeubeleer. Die beddegoed en handdoeke is vars. Sien uit na heerlike warm storte of 'n ontspanne bad. Die huis het alles in en nog meer. Pragtige uitsig, vars seelug. Ons sal beslis weer kom kuier Ina, baie dankie vir jou wonderlike gasvryhei

Ons Paasnaweek by Bergland Vakansiehuis het gevoel soos huis, weg van die huis. Ina is 'n wonderlike gasvrou, sy het ons bederf met aandete, lekkernye en 'n heerlike ontbyt die volgende oggend, alles deel van haar liefde vir haar gaste. Die huis self is baie skoon en stylvol gemeubeleer. Die beddegoed en handdoeke is vars. Sien uit na heerlike warm storte of 'n ontspanne bad. Die huis het alles in en nog meer. Pak net jou klere en gaan. Pragtige uitsig, vars seelug. Ons sal beslis weer kom kuier Ina, baie dankie vir jou wonderlike gasvryheid en al die bederf. Groete, Malan-gesin Durbanville.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Marguerite en familie, dit was net 'n voorreg om julle hier te kon gehad het. Julle het die huis so netjies en perfek gelos. Met gaste soos julle maak dat ons deur altyd vir julle opstaan. Sien julle graag weer.

Bergland Vakansiehuis
Gerrit K - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrit K

Fantastic! What a beautiful place, extremely well equipped and spoiled with tons of treats by the hostess.

Ina is the most amazing hostess. We have travelled globally and stayed in several AirBnB's but nothing can compare to the super time we had at Bergland Vakansiehuis. We had a family emergency and Ina was so supportive. You will love your stay!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Zanne C - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zanne C
Gesin met tieners

Uitstekend.

Die huis is stapafstand van strand! See-uitsig uit elke kamer, huis het alles wat by jou eie huis is. Die Gasvrou gee uitstekende diens. Ons het dit baie geniet!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Zanne en familie. Dit was n groot voorreg om julle hier te kon gehad het. Dit was so lekker om te kon sien hoe julle elke dag kon benut het om by die see uit te kom. Baie dankie vir julle bedagsaamheid om die huis so puik en skoon te gelos het. Hoop om julle weer te sien.

Bergland Vakansiehuis
Marian W - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marian W
Gesin met tieners

Wonderlik, opwindend en great.

Ons was ontvang met 'n lekker aandete. Ina en haar man is wonderlike, vriendelike mense. Ina het ons verras met geskenkies die Sondag. Ek sal enige persoon aanbeveel om hul vakansie by hulle te geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Marion baie dankie dat julle ons plek so mooi agter gelaat het. Dit het gelyk asof julle nie eers daar gebly het nie. Dit was net 'n plesier om julle te ontvang. Hoop om julle weer te sien.

Bergland Vakansiehuis
Adri D - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adri D

Amazing host and stunning place!

We had the best stay ever, Ina takes such good care of her visitors and pays extreme attention to all the little things. We would definitely be staying over again and recommend Bergland Vakansiehuis to anyone looking for a relaxing getaway!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Delina S - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Delina S
Gesin met klein kinders

Ina was 'n fantastiese gasvrou wat ons so welkom laat voel het.

Bergland Vakansiehuis het als wat jy nodig het en nog meer. Dit is skoon en netjies en die feit dat jy wasgeriewe het maak dit nog meer gemaklik. Ons is bederf met hoenderpastei met ons aankoms en sjokolade met ons vertrek. Dankie Ina en Koos, julle is uitstaande.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Hi Delina - dit was 'n voorreg om julle te kon ontvang. Julle was super gaste en baie vriendelik en gemaklik. Sterkte vir julle vir die nuwe jaar en hoop om julle eendag weer te kan ontvang.

Bergland Vakansiehuis
Colette D - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Colette D
Gesin met klein kinders

Ons het die rustige kuier by Bergland Vakansiehuis verskriklik baie geniet!

Bergland Vakansiehuis is 'n pragtige plek met soveel aandag aan detail. Tannie Ina het ons so baie bederf en dít saam met haar gasvryheid het ons stomgeslaan. Ons sal beslis weer daar gaan kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Julle was super gaste. So stil en rustig. Nie eers geweet ons het gaste nie. Dankie dat julle so mooi na ons plekkie gekyk het en alles so skoon en netjies gelos het. Kom gerus weer.

Bergland Vakansiehuis
Germien W - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Germien W
Gesin met klein kinders

Rus en vrede.

Bergland Vakansiehuis was soveel meer as wat ons verwag het. 'n Ware juweel. Daar is meer as wat jy nodig het en alles was super skoon. Ina is 'n warm mens en het ons baie welkom laat voel. Ons beplan om beslis die jaar weer te gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Alda, jy en jou seun en jou suster was lekker gaste. Dit was vir my 'n groot voorreg om julle te kon ontvang hier by ons vakansiehuis. Dit maak dit alles so die moeite werd as mens moet hoor dat jou seun sê dat hierdie nog sy lekkerste vakansie ooit was. Ek hoop om julle gou weer te sien.

Bergland Vakansiehuis
Helana V - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helana V
Gesin met klein kinders

Dit was die heerlikste ervaring!

Huis is super netjies en skoon en Ina se attention to detail het ons bederf! Sy gee vir ons haar beste in alle opsigte! Stapafstand van die strand. Alle kamers gaan uit op die dek en het see-uitsig! Dit is my nuwe go to.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bergland Vakansiehuis se terugvoer

Dit was 'n groot voorreg om Helana en haar familie te kon akkommodeer. Hulle laat 'n mens baie spesiaal voel en toon groot waardering vir wat hulle aangebied word. Ek beveel Helana en haar familie met die grootste vrymoedigheid aan. Dankie vir julle omgee om so mooi na ons plek te gekyk het asof dit julle eie was. Kom gou weer.

Bergland Vakansiehuis
Vanaf
R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Berglandstraat 19, Glentana, Outeniekwastrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA022a3b136f3930575bec7c92ca1e88746bf8a867bc3f7664af63d1a97aa224976886db306d607406b7eacbae2367f52aaf0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 19 Bergland Street Glentana, Outeniqua Beach 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -34.048577064954 22.291162711595
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem