LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bergplaas | LekkeSlaap
+21

Bergplaas

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 30 resensies vir Bergplaas
Netheid
4.4/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.1/5
Sanet M - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Sanet M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons was nie lank daar nie. Net vir 'n troue, so dis moeilik om te sê.

Ons was baie vriendelik kom haal by die kar en alles is aan ons verduidelik. Ons was nie lank daar nie, net aangetrek en weer gery vir die troue en laataand teruggekom.

Anna-marie M - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anna-marie M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelike mense, rustige atmosfeer!

Baie vriendelike diens, baie behulpsaam! Rustige en lekker atmosfeer!

Nanette V - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nanette V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige atmosfeer.

Dit was rustig en stil. Gasvry ontvang.

Wicus D - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wicus D
Enkelreisiger

Eenvoudig, maar rustig en stil en lekker!

Sien sterre.

Andre S - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Andre S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vir een nag oorslaap was Bergplaas gerieflik op ons roete.

Akkommodasie was bevredigend. Die ontvangs van gaste en plek van aanmelding kan baie verbeter.

Kobie B - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Kobie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Heerlike, rustige omgewing waar 'n mens weer mens kan word.

Pragtige, skoon, netjiese verblyf, 100% ingerig vir 2 persone.

Mia G - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mia G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Ons het ons verblyf by Bergplaas baie geniet en sal dit definitief kan aanbeveel.

Lindy-ann B - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lindy-ann B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtig!

Baie goed geleë en pragtige omgewing. Gasvrye mense en netjies en skoon.

Rochelle L - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rochelle L
Enkelreisiger

Dit was 'n baie rustige omgewing.

Ek het lekker gerus en sal hopelik in die toekoms weer hier kom oorslaap.

André M - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
André M

Nie die verblyf gekry wat deur Bergplaas aangebied was nie.

My versoek was verblyf op grondvlak aangesien my eggenote met krukke loop. Bergplaas het aangebied dat twee van ons onder in die chalet sal bly en die derde persoon bo in die rondawel waar daar steil trappe is. By aankoms was die chalet nie beskikbaar nie en my vrou moes agteruit op haar sitvlak die trappe uit worstel. Die volgende oggend se afkom was net so 'n probleem. Alhoewel daar 'n kennisgewing is van 'n steil trap is dit heeltemal onveilig vir gebruik deur enige persoon om nie eers te praat van bejaardes nie. 'n Waarskuwing dat jy die trappe op eie risiko gebruik beter niks.

Bergplaas's terugvoer

Daar is in die vriendelike boodskap op jou kwotasie aangedui dat die rondawel deur steil trappe bereik word.

Bergplaas
Danie V - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Danie V
Enkelreisiger

Aangename plaasatmosfeer.

Bergplaas het 'n aangename plaasatmosfeer, ruim kamer en vriendelike eienaar. My enigste negatiewe kommentaar is dat die eienaar nie op 'n e-posnavraag gereageer het nie.

Bergplaas's terugvoer

Jammer ons monitor nie oor naweke ons e-posse nie. Gaste is welkom om hul bespreking agent te vra om ons telefonies te kontak.

Bergplaas
Lynette V - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lynette V
Saam met vriende

Pragtige, rustige omgewing, aangename atmosfeer.

Baie netjiese plekkie, chalet se kombuis bestaan net uit mikrogolfoond en bar yskas, so gaan voorbereid vir die situasie. Daar is 2 enkelbeddens waarvan die 1 se matras rerig vervang moet word. Afgesien daarvan is dit rerig 'n fantastiese plek en mens kan rerig lekker ontspan.

Riana H - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Riana H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike ervaring.

Baie dankie vir die lekker bly, sal weer daar gaan vir 'n naweek weg.

Marina S - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Marina S
Saam met vriende

Lieflike omgewing, vriendelike gasvrou. Die kamer was netjies! Enigste negatiewe punt: ons moes 'n kombuis met die eienaar deel.

Ek sou weer Bergplaas besoek, alhoewel ek volgende keer sal verkies om in 'n "chalet" te bly. Ten spyte daarvan dat ons 'n kombuis met die eienaar moes deel, was ons kuiertjie daar baie aangenaam.

Denise W - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Denise W

Pragtige omgewing, skoon en gerieflik.

Die gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam. Verblyf pragtig. Omgewing lieflik. Die gasvrou en haar man het spesiale voorsiening vir ons gemaak met braaigeriewe, en daar was die pragtigste waterval by die braai. Ek sal vir seker weer Bergplaas besoek. Net 'n voorstelletjie: kooktoebehore soos potte en 'n braaipan sal die eenheid meer volledig toegerus maak vir selfsorg. Dankie vir wonderlike verblyf!

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Beautiful surroundings, clean and comfortable.

The hostess was very friendly and helpful. Accommodation was lovely. Surroundings beautiful. The hostess and her husband made a special effort in accommodating us with braai facilities and have the most beautiful waterfall at the braai area. I would certainly visit Bergplaas again in the future. A small suggestion - cooking utensils (pots and a frying pan) would complete all the facilities available for self-catering. Thank you for a lovely stay!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Adam S - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Adam S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beddens totaal ongeskik vir menslike gebruik, onaanvaarbare kombuis en badkamer geriewe.

Advertensie baie misleidend. 1. Daaglikse skoon beddegoed is nooit gedoen nie. 2. Geen buitegeriewe om die buitelug te geniet by die eenheid nie. 3. Geen potte en panne nie, ook sonder 'n stoof en dit in 'n selfsorg-eenheid is ongehoord. 4. Plek baie beknop vir 2 persone.

Tian C - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tian C
Enkelreisiger

Lekker verblyf in veilige en rustige omgewing.

Die plek het 'n aangename plaas-atmosfeer met amper geen geraas. Baie veilige area buite die dorp. Elektrisiteit was wel 'n deel van die middag af as gevolg van storm in die area.

Mariandl P - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariandl P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was lekker en sal dit aanbeveel.

Sien gerus die sterre.

Andre En Elfie D - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre En Elfie D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties!

Die eienaars, Hannetjie en Piet, het alles moontlik gedoen om ons verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Ons sal hulle beslis weer besoek en kan Bergplaas ten sterkste aanbeveel!

Johansie V - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johansie V

'n Heerlike rustige netjies plaashuis en atmosfeer op Bergplaas.

Baie dankie aan Piet en Hannetjie vir die heerlik bederf tydens ons kuier op Bergplaas. En dankie vir jul omgee vir my 4-been kind Flossi wat saam met my die naweek kon kuier.

Henk V - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Henk V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige natuurlike omgewing.

Rustige atmosfeer met baie voëllewe vir die wat daarin sou belangstel.

Louis B - Nov 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis B
Enkelreisiger

Vriendelik en rustig.

Baie dankie vir 'n lekker rustige slaapplekkie.

Ria V - Okt 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ria V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was baie rusting en aangenaam.

Ons het ons veblyf baie geniet en kan dit beslis aanbeveel.

Caren S - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Caren S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die eienaars is baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal definitief volgende jaar weer daar gaan bly.

Ons was naby die plek waar Johann fiets gery het en dit was wonderlik. Die eienaars het vroeg opgestaan om vir ons die hek oop te maak so ons het geen probleme gehad nie. Weereens.

Jan K - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jan K
Enkelreisiger

Vriendelike ontvangs - skoon beddegoed, handdoeke en stort - tarief billik.

Bbespreking was maklik en vinnig - baie dankie, LekkeSlaap.

Elfrieda P - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Elfrieda P
Gesin met klein kinders

Ons het net vir 'n troue oornag.

Sien asb. die sterre.

Arrie C - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Arrie C
Besigheidsreis

Gasvry soos by die huis.

Piet en Hannetjie het ons baie vriendelik en gas vry ontvang. Dis regtig baie aangenaam om daar te bly. Ek gaan definitief weer daar bly.

Chris L - Jun 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris L
Besigheidsreis

Ons sal weer daar gaan oornag.

Baie aangenaam mense. Baie goed ontvang en ons het niks nodig gehad wat nie daar was nie.

Thea D - Mei 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thea D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies, skoon, mooi omgewing. Vriendelike eienaars. 7 km van dorp.

Lieflike plek! Heerlik geslaap op stewige matrasse. Stil, hoor nie verkeer op groot pad. Ons het lekker gekuier by die braaivleisvuur en geluister na die getjank van die jakkalse. Ons is plattelandse kinders! Sal beslis weer daar gaan bly. Baie dankie Hannetjie, Piet en Liza-Ann vir jul vriendelikheid.

Gerhard G - Feb 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Gerhard G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Naweek uit die stad om tyd te spandeer saam met eggenoot - Vrydag tot Sondagoggend.

Eienaars is gaaf en die fasiliteite is skoon. Daar is 'n restaurant baie naby vir etes. Die beskrywing op die webwerf is akkuraat maar die aanwysings kort bietjie werk. Ons het in die Chalet gebly want die rondawel is deel van die huis en gaste kan dit net betree deur die eienaar se kombuis. Gaste van die rondawel deel ook die kombuis met die eienaar. As jy nie omgee om 'n huis te deel met vreemdelinge nie kan ek die rondawel aanbeveel. Die chalet is los van die huis en het twee enkel-beddens. Die matrasse is oud en behoort vervang te word. Die matrasse is ook nie dieselfde nie en een is dikker as die ander sodat mens nie eers die matrasse teen mekaar kan skuif nie. Die kombuis bestaan uit 'n yskas en mikrogolfoond. Gelukkig het ons dit geweet en het voorbereid gekom met ons eie braaipan. Ongelukkig is daar nie baie werk oppervlak nie en moes ons die ou wasmasjien gebruik as werk oppervlak. As self kosmaak jou ding is sal ek nie die Chalet aanbeveel nie. Die perseel is naby perdestalle en daar was dus gedurende ons besoek besonder baie vlieë. Die oopmaak vensters het nie muskietnette nie en die vlieë was dus baie lastig, veral vroeg oggend. Die Chalet is teen 'n skuinste gebou. Die "stoep" buite is ook skuins en nie waterpas nie wat buite sit byna onmoontlik maak. Daar is ook geen skaduwee buite op die stoepie nie. Binne in die Chalet is net die beddens en een stoel wat binne kuier/sit moeilik maak. Daar is nie 'n TV nie, maar dis goed as mens net wil wegbreek. Die Chalet het ook nie sy eie braaiplek nie en deel braaiplek met die Rondawel se gaste. Daar is dus nie veel om te doen op die perseel nie. Die Chalet sal goed wees vir 'n enkelpersoon wat slegs daar wil slaap en die res van die tyd die Heidelberg omgewing wil verken. Die dorp en omgewing is mooi en met 'n bietjie werk en aandag kan die Chalet baie meer gaste trek.

Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm Bergplaas, , Heidelberg, 1439 , Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU5MGExZjRiLWY4ZTAtNGIxMS1hN2M4LTE3YzM4ZWM4MDM3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 30 5 1 5 Farm Bergplaas Portion 60 of Boschoek 1439 Gauteng 086 999 0018 12:00-17:00 11:00 -26.54156577815 28.289924875217
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!