Berken Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Berken is 'n selfsorg-gastehuis tussen silwerberkebome in Dullstroom, in die hartjie van Mpumalanga se hoëveld. Kom ervaar die beste van 2 wêrelde! Ons gastehuis is naby die dorp, restaurante en besienswaardighede, maar terselfdertyd het dit 'n pragtige uitsig oor 'n natuurlike vlei en aangrensende plase.

Die huis het slaapplek vir tot 6 mense in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n kaggel en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die huis het 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n leefkamer met 'n kaggel, 'n eetarea met 'n binnenshuise braai en 'n aangrensende, oop patio. Die eiendom is ten volle omhein en het 'n gekoppelde alarmstelsel asook toesluitparkeerplek vir 2 motors.

Berken is ideaal vir 'n naweekwegbreek en dis ook 'n baie gewilde bestemming onder forelhengelaars, bergfietsryers of enigiemand wat graag Dullstroom en die omliggende landskap wil verken.

Oor naweke word 'n minimum-verblyftydperk van 2 nagte per 4 gaste vereis, en 3 nagte oor langnaweke. Kinders onder 12 jaar - 50% van normale tarief sodra die minimum aantal gaste bereik is.

Slaapplek

'n Bespreking by Berken Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Berken Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false