Bermuda

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bermuda is reg teen die hoofstrand in Ballito geleë met 'n lieflike see-uitsig vanaf die balkon en slaapplek vir 6 gaste.

Die woonstel is gemaklik ingerig en beskik oor 3 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n stort deel. 2 Van die kamers is met dubbelbeddens ingerig en die derde kamer met 2 enkelbeddens. Vir gaste se gerief word badhanddoeke voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, en maaltye kan by etenstafel geniet word. Gaste kan lekker in die sitkamer voor die TV met DStv ontspan, of op die balkon 'n vleisie op die gasbraai gooi.

Die kompleks bied 'n swembad en gaste het maklike toegang tot die strand. Ballito bied verskeie besienswaardighede soos die King Shaka Erfenis-roete, die Flag Animal-plaas, en doendinge soos zipline-toere, sowel as verskeie restaurante en winkelsentrums.

Slaapplek

'n Bespreking by Bermuda sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bermuda gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za