Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bertus se Huisie

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R320, Kleyn Wolvegat Plaas, 5 km vanaf Tesselaarsdal, 7230, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Bertus se Huisie bied selfsorgverblyf aan 4 gaste op 'n kleinhoewe tussen Caledon en Tesselaarsdal en is naby die asemrowende Hemel-en-Aarde-vallei.

Dié bekoorlike kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die gaste in die kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet met 'n deur na elke kamer vanuit die badkamer. Let asb. dat die kamers en die kombuis na die stoep lei en so met mekaar verbind is. Daar is nie 'n binnenshuise deurgang tussen kamers en die kombuis nie.

Die kombuisie is met 'n gasstoof, yskas met 'n vrieshokkie en 'n binnebraai toegerus. Die kothuis het sonkrag slegs vir beligting (geen Eskom-krag), dus word geen elektriese toestelle toegelaat nie. Selfone mag slegs tydens sonskyn gelaai word.

Daar is 'n stoep en 'n onderdakbraai-area teenaan die kombuis. Daar is 'n heining reg rondom wat dit ideaal vir troeteldiere maak. Ongelukkig word harde musiek nie toegelaat nie. Daar is 'n kerk en skoolkampterrein naby en daarom sal gaste soms musiekinstrumente hoor.

Aktiwiteite in die omtrek sluit draf, fietsry of stap op die plaasberg in en bergfietsry en voetslaan kan gedoen word in Tesselaarsdal en by De Poskantoor Coffee Shop gereël word.

Die perseel is naby die dorpie Tesselaarsdal, Liefland-trouvenue, Oudekraal-trou-venue en die pragtige Hemel-en-Aarde-vallei. Dis ook naby Hermanus, The Caledon Casino and Spa, Stanford en Oystercatcher Wines, Bredasdorp.

Slaapplek

’n Bespreking by Bertus se Huisie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 124 resensies vir Bertus se Huisie
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Langs die R320, Kleyn Wolvegat Plaas, 5 km vanaf Tesselaarsdal, 7230, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bertus se Huisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R320, Kleyn Wolvegat Plaas, 5 km vanaf Tesselaarsdal, 7230, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf09pF20Aj7emoJIKCTefiTvz8AasnYi7CXkFtz0W2vMr2oEn51?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 4 mense 124 5 1 5 Off the R320 Kleyn Wolvegat Farm 7230 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.375561 19.569432