Big Creek Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die vreedsame en prentjiemooi Big Creek Gastehuis is geleë ongeveer 13 km van Magaliesburg en 300 m vanaf die R24 na Rustenburg, in 'n rustige vallei wat uitkyk op die Magaliesberge ('n uur se ry vanaf Johannesburg/Pretoria). Die lodge is gebou op 'n stuk grond van 17 hektaar op die oorspronklike Boschfontein-plaas met 'n natuurlike verskeidenheid van rotsagtige koppies tot 'n stil stroompie onder wilgerbome.

Daar is 4 half-vrystaande eenhede, 1 vissershut, 1 Syringa Berry-hut, 1 Willow-hut, 1 Sweet Thorn Safari tent-eenheid en 1 Luukse Protea-gesinseenheid. Al die eenhede is en suite en volledig ingerig vir selfsorg.

Karavaan- en kampeerplekke is ook beskikbaar.

Die halfvrystaande selfsorgeenhede is pragtig ontwerpte en suite-dubbel-eenhede sluit aan by 'n groot onderdak-binnehof met 'n unieke vuurherd. Dit is 'n gerieflike bymekaarkomplek as die herberg bespreek word as 'n blokbespreking of vir 'n groot familiebyeenkoms of 'n verjaarsdagpartytjie oor 'n naweek.
Spanbou-aktiwiteite, konferensies en troues kan ook geakkommodeer word met sitplek vir 100 gaste.

Jy sal uitmuntende sorg- en aandag geniet van ons vriendelike personeel.

GERIEWE EN AKTIWITEITE:
'n Swembad in 'n lieflike tuin met groot grasperke, wat uitkyk oor 'n klein dammetjie en is die ideale plek om te ontspan. Daar is visvang-geriewe op die plaas. Gaste kan ook perdry by die naburige plase.

Die omgewing is 'n paradys vir pad- en bergfietsryers. Daar is 'n asemrowende bergfietsroete oor die Breedtsnekpas. Stap deur die 17 hektaar-eiendom, deur die hoërliggende oop graslande tot by die woud en vleiland langs die rivier. Die plaas bied ook uitstekende voëlkykgeleenthede.

Ons is in die hartjie van die 'Magalies Kronkeling' geleë. Daar is ook baie inkopie- en avontuuraktiwiteite in die omgewing. Wildkykritte met die Groot Vyf is net 3 km van Big Creek Guest Lodge af, mikrovliegtuigvlugte, sweeftye, boomtoptoere en warmlugballon-vlugte en nog meer is beskikbaar vir gaste se genot.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Big Creek Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za