Biki Alleen Gasteplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Biki Alleen Gasteplaas is geleë in 'n baie veilige omgewing in die hartjie van die Waterberge en is 25 km van Mookgophong af. Die plaas is omring deur 'n rustige bosveld-omgewing. Dit is net die regte medisyne vir gesinne of paartjies wat wil wegbreek en totale privaatheid geniet.

Die bekoorlike plaashuis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 'n hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n gemaklike enkelstapelbed. Die eerste gedeelde badkamer het 'n bad en stort en die tweede gedeelde badkamer het 'n stort.

Daar is 'n oopplan-leefarea en die kombuis beskik oor geriewe soos 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, breekware, eetgerei en 'n ontbythoekie. Die sitkamer het gemaklike leerrusbanke en 'n kaggel.

Daar is braaigeriewe op die veranda en gaste kan op warm somersdae in die swembadjie afkoel. Die stoep het ook 'n Jacuzzi en daar is ook 'n gratis pooltafel en bordspeletjies om vir ure se vermaak te sorg.

Daar is ook verskeie bokke op die plaas soos njalas, rooibokke, bosbokke en ander kleinwild.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Euphoria Gholflandgoed, Nylsvley Natuurreservaat, Mokopane Biodiversiteitsentrum en Palala Rhino Sanctuary in.

Slaapplek

'n Bespreking by Biki Alleen Gasteplaas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Biki Alleen Gasteplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za