BillsBest Boathouse B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BillsBest Boathouse B&B is in die prentjiemooi kusdorpie Ramsgate geleë en dis aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Dit het pragtige Blouvlagstrande, tropiese woude, rustige atmosfeer en lekker subtropiese weer regdeur die jaar.

Verblyf is beskikbaar in 4 aparte eenhede, naamlik Lower Deck, Upper Deck, Cabin en Midships. Elke eenheid het sy eie ingang.

Lower Deck, Upper Deck en Cabin is geskik vir 'n paartjie en het elk 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskassie, ketel en 'n uitsig oor die tuin. Cabin bied die opsie tussen 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens. Midships is 'n gesinseenheid vir 2 volwassenes en 2 kinders en het 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Daar is 'n balkon met 'n beperkte see-uitsig.

Al 4 eenhede het lugversorging, draagbare braaigeriewe, 'n kluis, platskerm-TV met OVHD, 'n DVD-speler en WiFi. 'n DStv-koppelpunt is beskikbaar en gaste moet hul eie dekodeerder, slimkaart en kabels saambring.

Daar is parkeerplek op die perseel met afstandbeheertoegang. Upper Deck en Midships bied 'n toesluitmotorhuis. Lower Deck en Cabin bied 'n afdak vir voertuie. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad op die perseel.

'n Volledige Engelse of Kontinentale ontbyt word in seisoentyd daagliks op die onderdakstoep vanaf 08:00 tot 10:00 bedien. 'n Vooraf-verpakte kontinentale ontbyt word voorberei op Sondae, buiteseisoen.

Die strand is net 200 m ver en die Ski-Boat Bay-strand is ideaal vir swem, visvang en branderplankry. Gaste kan kyk hoe die bote te water gelaat word, op 'n bootrit gaan of lekker sonbaai.

Die B&B is ook naby Ramsgate se Blouvlagswemstrand met die Blue Lagoon Restaurant, Cocktail Deck en die gewilde Waffle House lekker naby. Ramsgate bied verskeie restaurante, koffiewinkels, antiekeware- en kunswinkels, kunsgalerye en interessante toeriste-aantreklikhede soos walviskyk, Tanglewood-woud, Wild West Museum en Riverbend Krokodilplaas. Ander trekpleisters, doendinge en winkelsentrums is binne 'n 40 km-radius vanaf Ramsgate.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BillsBest Boathouse B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za