BillsBest Claridges

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BillsBest Family Holiday at Claridges bied ruim selfsorg-vakansiewoonstelle met panoramiese uitsigte oor Ramsgate se strand en strandmeer. Die woonstelle is in die veilige Claridges-kompleks, 'n modieuse en ouwêreldse woonstelblok met 20 eenhede wat oor Ramsgate se Blouvlagstrand, die strandmeer en die Waffle House kyk.

Elke woonstel is ten volle ingerig vir selfsorg en het panoramiese see-uitsigte. Elkeen het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, elektriese braaipan, ketel, broodrooster en kombuisgerei. Die slaapkamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort of albei, wasbak en toilet. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamers en sitkamer. Die sitkamer het 'n TV met OVHD, 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Die Claridges-kompleks bied afstandbeheerde toegang, 'n kamerastelsel, 1 parkeerplek onder 'n motorafdak en 'n gemeenskaplike braai-area.

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BillsBest Claridges gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R370 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za