BillsBest Group Holidays at Rock Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BillsBest Group Holidays at Rock Inn bied eksklusiewe selfsorgverblyf vir groot groepe en het slaapplek vir 28 gaste. Dis in 'n pragtige en ontspanne omgewing geleë. Die lodge is ook gerieflik naby restaurante, winkels en alle geriewe. Dis net 300 m se stap na die Blouvlagstrand en bekende Waffle House.

Die Rock Inn is gebou van plaaslike klip, en is 'n ruim lodge met 'n uitsig oor Ramsgate se strandmeer en omring deur 'n tropiese natuurreservaat.

Die kombuis is volledig toegerus, en daar is 'n groot oopplan-sitkamer en -eetkamer, 2 oopplan-patios, en 'n swembad en 'n braai-area met 'n groot gasbraai. Gas word voorsien. Daar is ook 'n groot speelkamer met tafelsokker en tafeltennisblad. Gaste moet asb. hul eie pyltjies vir die veerpyltjiebord saambring.

Daar is 5 slaapkamers op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer is 'n gesinskamer met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die derde, vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en balkon. Daar is 3 volledige badkamers en 2 aparte toilette.

Daar is 3 ruim slaapkamers op die onderste verdieping. Die eerste kamer is privaat en het 3 stapelbeddens met slaapplek vir 6. Die tweede kamer is semi-privaat en het 3 stapelbeddens met slaapplek vir 6 gaste. Die derde kamer is semi-privaat en het 2 stapelbeddens met slaapplek vir 4. Hierdie kamers deel 2 storte, 2 toilette en 2 wasbakke.

Daar is onderdakparkeerplek vir 4 voertuie, asook parkeerplek vir 2 voertuie buite. Daar is 'n gazebo met stoepmeubels, houtskool en 'n vuurput aan die bosrand. Dit bied 'n uitsig oor Ramsgate se strandmeer. Die huis is veilig, en het 'n sekuriteitstelsel.

Slaapplek

'n Bespreking by BillsBest Group Holidays at Rock Inn sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 6 persone
6 x Slaapsaalbed

Slaapkamer 7 - Huisves 6 persone
6 x Slaapsaalbed

Slaapkamer 8 - Huisves 4 persone
4 x Slaapsaalbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Ekstras

  •  Kroegyskas

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BillsBest Group Holidays At Rock Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 225 per nag (plek vir )

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za