La Provance Akkommodasie by Birch Bush B&B | LekkeSlaap
+51
+51

Birch Bush B&B

  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pleinstraat 25, Jordania, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Birch Bush B&B bied luukse B&B en suite-kamers en 2 selfsorg-eenhede wat ideaal is vir sakereisigers én vakansiegangers. Ons konferensiesaal het geriewe wat kan voorsiening maak vir tot 30 gaste. Spyseniering vir maaltye en 'n braai kan vooraf bespreek word.

Dié B&B is 'n AA-gesertifiseerde instansie en hoogs aanbeveel. Dit bied die volgende:

Die lapa het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n volledige badkamer en 'n leefarea wat ten volle toegerus is vir selfsorg. Daar is ook 2 enkelbeddens in die leefarea. Verder is daar 'n binnebraai, DStv, privaat ingang, privaat tuintjie en veilige parkeerplek op die perseel. Dit kan ook as 'n B&B bespreek word.

Die ateljeewoonstel het 'n en suite-badkamer, 1 dubbelbed, 1 enkelbed en is langs die lapa. Dit kan saam met die lapa as selfsorg vir 'n groep bespreek word. Dié eenheid het 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei vir 2, DStv, privaat ingang, privaat tuintjie en veilige parkeerplek.

Kamers 1 tot 4 het elk 2 enkelbeddens, 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei vir 2, DStv, 'n privaat ingang, 'n en suite-badkamer en veilige parkeerplek.

Kamers 5 en 6 het albei 'n dubbelbed, enkelbed, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei vir 3. Albei kamers het DStv, 'n privaat ingang, 'n en suite-badkamer en veilige parkeerplek.

Daar is 'n eetsaal wat ontbyt en aandete bedien indien vooraf bespreek. Die eetsaal dien ook as konferensiesaal vir tot 25 afgevaardigdes. Middag- en aandetes word by konferensies bedien indien vooraf bespreek. Daar is 'n binnebraai in die eetsaal wat deur groepe of tydens konferensies gebruik kan word.

Ons verwelkom ook familie-byeenkomste. Daar is 'n drieslaapkamerhuis langsaan waarvan elke kamer 'n en suite-badkamer het. Die huis het 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, leefkamer met DStv en 'n binnebraai. Die huis is ook beskikbaar aan kontrakteurs vir langtermynverblyf. Dit kan ook as 'n B&B bespreek word. Daar is 3 woonstelle op dieselfde perseel wat ten volle vir selfsorg toegerus is. Elke woonstel het 'n en suite-badkamer, DStv en sy eie ingang. Die woonstelle is ook ideaal vir groot groepbesprekings. Kinders onder die ouderdom van 7 wat 'n kamer met hul ouers deel, bly gratis.

Daar is goeie restaurante, 'n casino en 'n gholfbaan in die omgewing. Voëlkyk, kunsvlieghengel, vierwielmotorfietsry, witwatervlotvaart en 'n leeuplaas is slegs 20 minute se ry ver.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 65 resensies vir Birch Bush B&B
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Pleinstraat 25, Jordania, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Gaste dink Birch Bush B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pleinstraat 25, Jordania, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlXZ9KUjmrzYs7MiGPjGx3UocUFAV43rXgy7mAvt4tSETBxddjY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 65 5 1 5 25 Plein Street Jordania 9701 Vrystaat 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -28.241942497292 28.318634033203
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za