Birdies Golf Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Birdies Golf Villa is in die Langebaan Country Estate geleë. Hierdie veilige landgoed spog met 'n Gary Player-gholfbaan. Die huis het 'n wye uitsig oor die skoonveld van die eerste putjie. Nou en dan wandel daar 'n steenbokkie rond en daar is heelwat voëls in die tuintjie met sy inheemse plante. By hierdie huis sal jy definitief kan ontspan.

Daar is 2 slaapkamers in die huis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en sy eie, aparte badkamer. Birdies Golf Villa is gerieflik gemeubileer met al die moderne geriewe soos 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en DStv-hotelpakket. Ongelukkig mag die gaskaggel op die foto's nie gebruik word nie. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n gemeenskaplike swembad.

Die huis is net 5 minute van die klubhuis, swembad en oefenbof af. Deur hierdie huis te huur, betaal jy net die geaffilieerde fooie as jy die gholfbaan wil gebruik.

Weens 'n tekort aan water sal wasmasjiene nie beskikbaar wees, tensy gaste vir 7 dae of langer bespreek het nie.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Birdies Golf Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Birdies Golf Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 635 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za