Birdsong Africa Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Birdsong Africa Lodge is 'n privaat lodge met selfsorggeriewe. Dis geleë in 'n wildbewarea op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Dit is 'n doelontwerpte boetiek-lodge wat ingerig is om 'n unieke bosveld-ervaring te bied.

Die lodge is spesifiek vir, en van hierdie omgewing gebou: die beton is gemeng met plaaslike sand en klip, en die gevoel en tekstuur van die afwerkings is harmonieus. Birdsong is ook ontwerp vir optimale privaatheid. Geen ander geboue of strukture is sigbaar nie - jy deel die eksklusiewe bosveldreservaat net met die plaaslike wild.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die groot (1,5 meter) stort met 'n unieke uitsigvenster bied eindelose, onbelemmerde uitsigte oor die bosveld. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en direkte toegang tot 'n gastebadkamer met 'n stort-oor-bad. Albei slaapkamers het lugversorging en plafonwaaiers wat met afstandbeheer werk.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, potte en panne van vlekvrye staal, toebehore en gehalte breekware en eetgerei vir 6 gaste. Die leefkamer het 'n plafonwaaier met afstandbeheer. Dié vertrek en die kombuis het groot skuifdeure wat lei na 'n veranda wat geskik is vir al fresco-etes.

Die lodge het 'n ingeboude Jetmaster-braai met hout, houtskool en vuuraanstekers en jy het toegang tot 'n (4,5 meter) swembadjie op die stoep met lieflike, verhewe, panoramiese en privaat uitsigte oor die bosveld. Gaste kan dus by die swembad ontspan met 'n koppie koffie soggens of 'n skemerkelkie saans, en die sebras, wildsbokke en kameelperde etlike meters van die stoep af dophou.

Birdsong Africa Lodge is rolstoelvriendelik. Daar is lae opritte vir rolstoele en toegang tot die storte, stoep en swembad aangesien dit alles op gelykgrond is.

Slaapplek

'n Bespreking by Birdsong Africa Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Birdsong Africa Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false