We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
 by Bizwani Beach Cottage | LekkeSlaap
+22

Bizwani Beach Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 22, Schoenmakerskop, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 580 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Bizwani Beach Cottage is 'n selfsorgkothuis in die stil en bekoorlike Schoenmakerskop in die suidelike deel van die Afrika-kontinent met eindelose uitsigte oor die Indiese Oseaan. Schoenmakerskop staan plaaslik as "Schoenies" bekend en is bekend vir stil en afgesonderde strande, pragtige staproetes al langs die kus, uitstekende uitsigte oor die see en asemrowende sonsondergange met die gedruis van die branders in die agtergrond. Dit is net 15 minute se ry van die lughawe af, al langs die ongerepte kus.

Bizwani Beach Cottage word deur Gaylene, 'n oud-Schoenies-inwoner, bestuur en is 'n losstaande kothuis op dieselfde perseel as die hoofhuis. Jare gelede was die kothuis 'n motorhuis waar die eienaars hulle Volkswagen Beetles gestoor het. Oor die jare is die gebou uitgebrei en is dit nou 'n lig, helder en gerieflike wegbreekplek aan die kus.

Bizwani Beach Cottage het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, genoeg kaste en 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer is kleiner en het 2 enkelbeddens, 'n kas en toegang tot 'n klein binnehof. Die badkamer het 'n bad met 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n privaat buitestort.

Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, skottelgoedwassser en 'n wasmasjien in. In die leefarea is daar 'n rusbank, platskerm-TV en 'n etenstafel met stoele. Die kothuis het ook 'n dek met 'n see-uitsig en langsaan is daar 'n onderdakbraai-area. Die hoofslaapkamer, leefarea en dek het uitsigte oor die see.

Kinders is welkom - daar is 'n omheinde tuin, bordspeletjies en 'n versameling emmers, grafies en visnette. Die naaste swemplek is direk voor die huis en word via 'n 100 m-paadjie bereik. Die rotsagtige sloep het nie baie branders nie, so dit is 'n goeie keuse vir gesinne.

Slaapplek

’n Bespreking by Bizwani Beach Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Bizwani Beach Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Marine-rylaan 22, Schoenmakerskop, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bizwani Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 580
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 580
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 22, Schoenmakerskop, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA83e658a91e941cf6af41472d50502a9cfecd4b98143c3e9721df6778562729a164389b085d75fd2522f24de2accbe2c7ff12?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 580  per nag, vir 4 mense 1 5 1 5 22 Marine Drive Schoenmakerskop 6070 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -34.040000151172 25.537090271164
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem