Black Eagle Boutique Hotel & Conferences

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Black Eagle is 'n boetiekhotel en konferensielokaal in die weste van Johannesburg, slegs 25 minute vanaf Lanseria Lughawe. Die gastehuis word omring deur verskeie sakeondernemings, gimnasiums en winkelsentrums.

Die hotel het 9 luukse kamers wat wissel van enkelkamers tot suites. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n bad en/of 'n stort.

Ander geriewe in die kamer sluit 'n kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, japonne, kamerdiens, DStv en luukse linne in.

Ons restaurant op die perseel, Aquila Cafe, maak voorsiening vir ons gaste en afgevaardigdes en is ook oop vir die publiek in die Ruimsig-omgewing, vir 'n heerlike ontbyt. Probeer gerus een van ons gewilde cappucinos wat met plaaslik gebrande koffiebone gemaak word en van die Terra Nova Plase is Tanzania afkomstig is.

Black Eagle bied die beste gehalte en gemak in 'n pragtige omgewing, met 'n groot verskeidenheid venues om van te kies vir spesiale funksies, troues en konferensies. Ons het goed ingerigte akkommodasie en uitstekende disse om aan elke smaak te voldoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Black Eagle Boutique Hotel & Conferences gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 590 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za