Blackheath Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blackheath Lodge is 'n Victoriaanse dubbelverdieping-gastehuis teen die voet van Seinheuwel, 'n klipgooi van die stad, die Waterfront en welbekende strande af. Stylvolle slaapkamers, uitstekende persoonlike diens en warm gasvryheid wag op jou. Geniet ontbyt op die terras wat op die swembad en tuin uitkyk. Geniet 'n skemerkelkie na 'n besige dag se besoeke aan besienswaardighede of veeleisende sakeonderhandelings met die wete dat 'n stil, gerieflike nagrus op jou wag.

Ons is net 'n klipgooi van die lewendige Kaapse middestad, die V&A Waterfront, Kaapstad se inkopiemekka en Gay Village af. En ons is naby die beroemde strande van die Atlantiese kusstrook, met Clifton en Kampsbaai net om die draai.

Blackheath het 10 luukse en suite-kamers. Almal is stylvol ontwerp, met ekstra lang dubbelbeddens en elegante en suite-badkamers. Vir ekstra gerief, gemak en bevrediging het elke kamer ook 'n kroegie wat goed gevul is met voorraad, WiFi, DStv, 'n telefoon en tee- en koffiegeriewe. Ons luukse dakkamers het almal lugversorging.

As jy nie jou skootrekenaar het nie, kan jy in die gastestudeerkamer op die internet rondblaai en na jou e-pos kyk. Ons maak ook voorsiening vir gaste wat vroeg in die oggend inteken of laat wil uitteken, sodat hulle hul nie oor tydmors hoef te bekommer nie. Jy kan vroeg aankom, jou verfris na 'n uitputtende vlug, lekker stort, ontbyt eet en nuut en vars voel vir die dag se bedrywighede. Jy kan dieselfde gastegeriewe op jou dag van vertrek gebruik voordat jy laat in die aand 'n vlug haal.

En wanneer die kwik daal en die aande 'n bietjie koel begin voel, kan jy langs die oop kaggel in die leefkamer opkrul. Ons maak 'n ongelooflike koppie warm sjokolade.

Ons ontbyte is ook legendaries. Ons sjef word elke oggend voor sonsopkoms wakker om vars ontbyt-quiche te maak. Sy varsgebakte muffins is heerlik en warm en word met botter, konfyt en heuning bedien. Jy kan ons net laat weet of jy 'n eenvoudige volle Engelse ontbyt of Kontinentale ontbyt verkies.

Ander basiese dienste wat op versoek beskikbaar is, sluit 'n volle wasgoeddiens, lughawevervoer en motorverhuring in. Ons het parkeerplek langs die straat en 'n veiligheidskantoor wat spesiaal daarna omsien. Jy hoef jou dus nie oor parkeerplek te bekommer nie.

Dit sal ook vir ons 'n plesier wees om aandete op versoek te verskaf, of 'n piekniek vir 'n dag op die strand of teen die berg.

Sê ons net wat jy ook al nodig het om jou verblyf in die lieflike Kaapstad selfs meer onvergeetlik te maak.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blackheath Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false