Blackwoods Farm Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blackwoods Farm Cottage is 'n lieflike selfsorg-kothuis op 'n 934 ha-plaas tussen Fouriesberg en Clarens in die Oos-Vrystaat. Die plaas is 7 km vanaf Fouriesburg en 26 km vanaf Clarens. Die plaas is self-volhoubaar en gebruik sonkrag en bergwater. Daar is perde, beeste, skape, boepensvarkies, hoenders en die plaashond, Jasper, op die plaas. Besoekers is mal oor die egte plaasatmosfeer, rus en vrede wat hier heers, die fantastiese berg-uitsig, voetslaanroetes, bergpaadjies, bergstroompies, rotspoele, stap- en fietsrygeleenthede, en die piekniekplekke langs die Klein Caledonrivier.

Die kothuis het slaapplek vir 5 gaste in 2 slaapkamers en daar is 1 badkamer. Die kombuis, eet- en leefarea is oopplan en het 'n kaggel. Komplimentêre hout word voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Slaapbank vir 2 is op versoek in die sitarea beskikbaar. 'n Bababedjie met linne is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Klein hondjies is op versoek beskikbaar.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n gasstoof, oond, broodrooster, yskas, eetgerei en breekware. Die ronde eetkamertafel het stoele. En die knus sitarea lei 'n stoep met 'n pragtige uitsig. Daar is Weber-braaigeriewe en komplimentêre hout van die plaas.

Blackwoods Farm Cottage is ideaal as jy op soek is na 'n lekker plaas-ervaring, privaatheid, vrede, rustigheid en 'n wegbreek uit die stad.

Slaapplek

'n Bespreking by Blackwoods Farm Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blackwoods Farm Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 370 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za