Blau Haus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blau Haus is in Langebaan geleë en bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerhuis. Dit is stapafstand van die hoofstrand, die gewilde Friday Island restaurant, winkels en ander eetplekke af. Die Cape Sports Centre vir vlieërplankry en ander watersportaktiwitiete is ook naby vir die meer avontuurlustige siele.

Die huis beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en daar is 'n slaapbank vir 'n sesde persoon. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met eetgerei en breekware, 'n yskas-vrieskas en 'n oond en stoof. Die huis is ook ingerig met 'n TV met volledige DStv. Linne word voorsien en gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Besienswaardighede in Langebaan en die omliggende area sluit die Weskus Nasionale Park, Weskus Fossielpark en die Cape Columbine Natuurreservaat in. Daar is 'n verskeidenheid doendinge soos vlieërplankry, seil, visvang, duik, perdry, voëlkyk en swem. Die Weskus is bekend vir sy opelug-restaurante, waar gaste alles van mossels tot kreef kan geniet. Die Kokomo Beach Bar and Restaurant is stapafstand van Blau Haus af.

Slaapplek

'n Bespreking by Blau Haus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blau Haus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false