LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bleshoender Accommodation | LekkeSlaap
+46

Bleshoender Accommodation

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R820 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Bleshoender Akkommodasie is 'n selfsorg-eenheid wat in Sedgefield, in die hartjie van die Tuinroete, geleë is. Dit is 25 km van Knysna af, en 35 km vanaf George. Dit is die ideale beginpunt vanwaar die Tuinroete verken kan word. Mosselbaai, Hartenbos, Oudtshoorn, Plettenbergbaai, Buffelsbaai, Brenton-on-sea, Wildernis, Victoriabaai, Heroldsbaai, Groot-Brakriver, Klein-Brakriver en Glentana is minder as 'n uur se ry ver. Stormsrivier en die hoogste reksprong is net 110 km ver, of gaste kan die langste zipline oor die see by Mosselbaai aandurf.

Gerieflike verblyf word vir 2 tot 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders in 'n woonstelletjie onder die privaat hoofhuis aangebied. Die kamer beskik oor 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Gaste moet hulle eie beddegoed, kussingslope en strandhanddoeke saambring. Badhanddoeke, kussings en komberse word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, braaipan, broodrooster, toebroodjierooster en 'n tweeplaatstofie en oondjie. Die badkamer het 'n groot stort, Daar is nie WiFi nie, maar daar is 'n TV met 'n volledige DStv-pakket.

Daar is ook braaigeriewe buite voor woonstel. Bleshoender voorsien parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis wanneer dit beskikbaar is. Ongelukkig is daar geen parkeerplek vir sleepwaens, bote of karavane nie.

Bleshoender is in die pragtige dorpie Sedgefield geleë en beskik oor uitstekende uitsigte, 'n stil atmosfeer en 'n hele klomp voëlspesies. Dit is minder as 2 km van 'n pragtige strande, die strandmeer en winkels af. Oor die naweek is die gewilde Wild Oats-, Mosaic-, en Scarab-markte oop en besoekers reis van oraloor om elke Saterdag dié markte by te woon.

Slaapplek

’n Bespreking by Bleshoender Accommodation sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank Kinderbedjie
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xDubbelslaapbank
1 xKinderbedjie

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • WiFi

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 23 resensies vir Bleshoender Accommodation
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bleshoender Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R820
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZVZiVqSXNlwNVBHscx6h7yYAdHRXErX9LyjHUKYDJH7JwE7rbR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R820  per nag (vir 4 persone) 23 5 1 5 71 Bleshoender Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.02251 22.80715
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!