Blomberg Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blomberg Guest Farm bied stilte en vrede weg van die stadslewe, maar is ook net 15 minute se ry van Plettenbergbaai af met verskeie winkels, restaurante en strande af. Blomberg Guest Farm is ideaal vir stappers, bergfietsryers en natuurliefhebbers en het selfs privaat toegang tot die Keurboomsrivier.

Verblyf is beskikbaar in 'n rietdakkothuis in 2 unieke gastekamers. Die kamers het 'n koninggrootte-bed en 'n pragtige uitsig op die berge. Daar is ook 'n en suite-stort in elke kamer asook 'n aparte bad en twee wasbakke.

Die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea is beskikbaar vir selfsorg vir gaste wat beide kamers bespreek. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof en 'n houtvuurkombuisstoof. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, broodrooster en 'n dompelkoffiepot. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 mense. In die sitarea is daar 'n kaggel, banke, leunstoele en 'n TV met DStv. Die leefarea lei na 'n stoep met stoepmeubels en braaigeriewe.

Noord vanaf die hoofdek is daar 'n pragtige uitsig van die Tsitsikamma-bergreeks. Aan die suidelike kant is daar 'n uitsig oor die see en Plettenbergbaai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blomberg Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false