Blombosch Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blombosch Lodge bied ongekunstelde verblyf en is op 'n privaat plaas 4 km van Yzerfontein af geleë. Die lodge is ideaal vir groepe wat smag na 'n rustige, eenvoudige wegbreek uit die stad.

Blombosch Lodge bestaan uit 'n plaashuis en 3 kothuise. Die plaashuis het gas- en sonkrag, en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkame rhet 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

2 van die kothuise beskik elkeen oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die derde kothuis het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke kothuis het ook 'n kombuisie met basiese toebehore, 'n sitarea en buitebraaigeriewe. Klein, gemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Daar is gas en sonkrag op die perseel, maar daar is 'n kragopwekker wat sekere tye van die dag gebruik kan word. Die plaas het ook 4x4-roetes (vlak 1 tot 2) vir gaste om te verken en 'n dam met volop voëllewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blombosch Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false