Blouberg Heights 16th Floor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blouberg Heights 16th Floor is 'n selfsorg-dakwoonstel oorkant die strand in Bloubergstrand. Dié woonstel bied 'n skouspelagtige uitsig oor die see en op Tafelberg in die verte.

Daar is slaapplek vir 6 gaste en die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en deel 'n tweede badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die oopplan-kombuis is volledig met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en skottelgoedwasser toegerus. Die leefarea langsaan het 'n TV en die vensters bied 'n pragtige uitsig oor die see.

Die kompleks het ook 'n hysbak en veilige parkeerplek. Dit is naby plaaslike restaurante en kafees en is sowat 20 km van Kaapstad se middestad en 31,5 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Slaapplek

'n Bespreking by Blouberg Heights 16th Floor sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blouberg Heights 16th Floor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 265 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false